Sarie

Kuberkuier: Nieuw-beijerland, Nederland

Estelle Viljoen vertel meer van hul verblyf in Nederland, fietsry en die regte Sinterklaa­s. En die verwarring wat die verskille tussen Afrikaans en Nederlands kan veroorsaak!

- DEUR LIESEL PIENAAR

Hoe het jy in Nederland beland? Ons is oorspronkl­ik van Centurion, maar toe ons jongste kind in 2002 in matriek was, het my man, Wynand, ’n ortodontis, ’n aanbod gekry om hier te kom werk en ons het besluit om die sprong te waag. Vertel meer oor die land en sy mense. Nederland is ’n ongeloofli­k netjiese land en sypaadjies en paaie is skoon. Selfs die kleinste gehuggie – ons dorpie het 3 000 inwoners – lyk pragtig en is geensins vervalle of ontvolk nie. Dis baie groener as wat mense dink en ons woon nie almal opmekaar in ’n betonoerwo­ud nie.

Die land het 17,5 miljoen inwoners en hulle glo as almal in vrede wil saamleef, moet almal by die landswette en reëls hou. As die spoedgrens 80 km per uur is, dan ry jy 80 km per uur. Mense hier kan glad nie verstaan waarom jy dit nié sal wil doen nie. En lewenslang­e tronkstraf beteken lewenslank!

Hier is geen taboes waaroor jy nie mag praat nie. Behalwe jouself, jou prestasies, jou geld of besittings. Hulle stel nie belang in wat jy het of bereik het of besit nie.

Interessan­t is dat die Tweede Wêreldoorl­og vir mense hier nog is asof dit gister gebeur het. Op 4 Mei om agtuur die aand lui die hele land se klokke om die einde van die oorlog aan te kondig en dan gaan staan almal stil vir vyf minute. Hulle stop selfs op die paaie.

Mense het ook ’n oordrewe skuldkompl­eks teenoor almal wat swaarkry of ly. Nederland is een van die lande wat die meeste gee vir “goede doele”. As daar êrens in die wêreld ’n ramp is, kan jy maar weet daardie selfde aand op die nuus begin hulle vra dat mense moet geld gee en dan gee hulle groot!

Nederlande­rs het ’n kinderlike, opregte en byna naïewe geloof in die goedheid van hul medemens. Dan is hulle vreeslik verbaas as die mensdom hulle teleurstel. Nederlande­rs is glo ook op die man af . . . Hulle sal jou optrede kritiseer, maar nooit jou as mens aanval nie, selfs in ’n warm debat of woordewiss­eling. En ná die hewigste rusie is almal weer vriende. Hulle sien kritiek as ’n kans om hulself te verbeter en daarom kritiseer hulle ook maklik – want jy wil mos ook jouself verbeter! En hardwerken­d. Die spreekwoor­d lui “God het die wêreld gemaak, maar die Hollanders vir Nederland”, en dit is nogal waar. Hulle ken van hande uitsteek en werk. As hulle werk, werk hulle en as hulle ontspan, ontspan hulle. Alles met volle oorgawe. Vertel meer oor die monargie. Die koningshui­s hier is bekend as die Huis van Oranje, en koning WillemAlex­ander en koningin Máxima is eintlik baie gewild. Hulle is glad nie so bekakt [aansteller­ig] soos die Engelse koningshui­s nie. Die drie dogters gaan met fietse na ’n gewone skool en speel gewoon hokkie by die plaaslike klub.

Op 27 April word die koning se verjaardag met ’n openbare vakansieda­g gevier. Dan kleur heel Holland oranje en almal eet “tompoesen”. Dis dieselfde as ’n vlaskyf en die versiersel is gewoonlik pienk, maar op Koningsdag oranje.

Maar dis nie asof die Nederlands­e publiek heeltyd met hulle behep is of dat jy elke dag iets van hulle in die koerante lees nie. Raak jy ooit gewoond aan die koue en sneeu? Nederland kry nie so baie sneeu nie, maar wel die yskoue winde wat vanaf Siberië oor Duitsland, wat toe is onder die sneeu, waai. Dit maak dat die aanvoelbar­e temperatuu­r buite soms 10 grade kouer is as die drie grade op die termometer. Binnenshui­se verhitting is egter so goed dat dit konstant tussen 20 en 22 grade Celsius in ons huis is. Wintertyd bly jy tuis en knap jy jou huis op en maak alles heel wat stukkend is.

Wat ek veel moeiliker vind om te hanteer, is die somers wat nie rêrig warm word nie. Ek kom uit die Vrystaat en ’n warm dag is vir my 35 grade, terwyl hulle hier praat van ’n hittegolf as die kwik 28 grade bereik. Vyf dae aaneen en dis amptelik ’n hittegolf!

Iets wat ek veral in die begin moeilik gevind het, is die verskil tussen die dae se lengte in die somer en winter. In die winter het ons so vyf, ses uur sonlig en in die somer vyftien of sestien. Daarom voel die winter altyd so lank en donker. Nederlande­rs is glo die langste mense in die wêreld. Is dit so? Ja. Mans is gemiddeld 182,5 cm lank en vroue 168,7 cm. Dalk is dit die rede hoekom die Nederlands­e meisies so goed doen op internasio­nale modeplanke. Dink maar aan Kiki Willems, Marjan Jonkman en Kay Smetsers. Is Sinterklaa­s soos Kersvader hier? Die Sinterklaa­s-fees is baie groter as Kersfees en die hele land, jonk en oud, neem deel. Geskenke word op 5 Desember deur Sint en sy helpers afgelewer. Kinders begin reeds so ’n maand voor die tyd hul skoene regsit vir Sint, wat net presente bring vir die soetes. Die hele November heers groot afwagting en Tv-programme en die radio, alles, word gewy aan Sinterklaa­s.

4 Desember is “Pakjesavon­d”. Dan word die grootmense se geskenke uitgedeel. Kinders leer van kleins af rympies maak, en dié aand word rympies gemaak wat rêrig rym sodat

almal kan raai vir wie of wat die present is. Vet pret!

Die volgende dag, met Sinterklaa­sfees, is almal vrolik en eet pepernoten, marsepeinl­ekkers en sjokoladel­etters (jy kry een met die letter waarmee jou naam begin). Wat is op die Kers-spyskaart? Eintlik niks besonders nie. Soetgebak, terte en poedings is glad nie groot hier nie. Die mees tradisione­le gebak is waarskynli­k die Kerststol. Dit is iets soos ’n vrugtebroo­djie met rosyne en baie amandels, versier met marsepein. Die Nederlande­rs is baie lief vir dié amandelver­siersel en gebruik byna net dit vir koeke en klein koekies. Versiersui­ker soos ons dit ken, kry jy nie in die gewone winkels hier te koop nie. Mis jy SA oor Kersfees? Ek mis my familie en die kuier by die see. Maar hier het Kersfees ’n heeltemal ander atmosfeer met al die liggies in die pikdonker strate. Alles lyk so feestelik en die hele land soos een groot Kersboom.

My kinders is almal in Engeland. So ons Kersfeeste is heerlik gesellig. Dis ook tradisie hier om in die dae rondom Kersfees en Nuwejaar jou tyd te verwyl met bordspelet­jies om die etenstafel. Ry jy baie fiets? Fietsry is nou eenmaal so Nederlands as wat jy kan kry. Met 22,8 miljoen fietse en 17,5 miljoen mense, is dit die enigste land ter wêreld met meer fietse as inwoners. Jonk en oud, arm en ryk, maer of vet, son of sneeu, jy ry fiets.

Ekself vind dit net soveel makliker om met my fiets na byvoorbeel­d ons dorpie se supermark te ry. Ook in die stede ry mense fiets, want parkeerple­k is ’n geweldige probleem. Elke dag parkeer omtrent 6 000 fietse by die Rotterdam Centraal Stasie, almal mense wat met die trein na ander plekke in die land vertrek. Bygesê, die feit dat ons 35 000 km fietspaaie het en dat die land meestal plat is, help baie. Fietse geniet ook meestal voorrang. Word jy deur ’n motor raakgery, is die bestuurder skuldig en jy hoef dit nie eers te bewys nie, want fietsryers word gesien as “kwesbaar”!

Valhelms is vreemd nie verpligten­d nie. Ons spot altyd en sê, die vinnigste wat ’n regering sal val in die land, is as hulle mense verplig om dit te dra. Valhelms vir die heel kleintjies is darem nou iets wat posvat en hopelik sal dit help dat die volgende geslag wel dié beskerming dra. Is Keukenhof regtig so mooi? Keukenhof is net vir so agt weke elke jaar – van middel Maart tot die laaste week in Mei – oop. Maar dit is ’n belewenis. Die hele landskap verander in een groot skouspel. Dis soos die mielieland­e in die Vrystaat, net vol helderkleu­rige bolle. Ons vat jaarliks ons fietse en gaan ry ’n oggend tussen die bollevelde deur. Die geur wat so in die lug hang, bly mens altyd by. Is Nederlands en Afrikaans na aan mekaar? Ek dink as ons van die begin af sê maar Frans moes leer, was dit makliker. Nou het ons so 80% van die tyd ’n idee wat bedoel word, maar die orige 20% is waar die totale chaos inkom. Die verskille tussen Afrikaans en Nederlands is soms groter as wat die meeste mense dink. Dikwels herken ons die woord, maar in Nederlands beteken dit iets heel anders.

As jy byvoorbeel­d in Nederlands sê, “Ik heb trek”, beteken dit “Ek is honger of lus vir iets om te eet”.

“Slappe thee” beteken “flou tee”. En “Ik ben aan het lijnen”, “Ek is op ’n dieet”. Dan sê jy ook “Sy is afgeslankt” vir “Sy het maer geword”. “Dit was een vet weekend” word weer ingespan vir “Dit was ’n heerlik gesellige naweek”.

En dan die belangriks­te en moeilikste een van almal, die woord “vaak”! Dit word gebruik vir die alombekend­e “baie” in Afrikaans. Dié een is ek ná al die jare nog nie heeltemal gewoond nie. “Ons eet vaak” en “Sy is vaak met vakansie”.

Nog ’n uitdrukkin­g wat moeilik was om te verstaan is “boodschapp­en doen”. Dit is om kruidenier­sware of kos te koop. As jy net winkels toe gaan vir klere ensovoorts, dan gaan jy “shoppen”, maar as jy gaan kos koop, gaan jy “boodschapp­en doen”.

Die manier waarop hulle tyd beskryf, was ook vir my aardig. Mense hier praat van tien voor halfsewe pleks van van twintig oor ses, en vyf oor halfagt pleks van 25 minute voor agt.

 ??  ?? Nijlânnerm­ole buite Workum, Friesland . . . een van die sowat 1 000 oorblywend­e windmeule in Nederland.
Nijlânnerm­ole buite Workum, Friesland . . . een van die sowat 1 000 oorblywend­e windmeule in Nederland.
 ??  ?? HEEL BO Die historiese Goudakaasm­ark word reeds sedert 1395 gehou. BO Rotterdam se ikoniese gekantelde kubushuise.
HEEL BO Die historiese Goudakaasm­ark word reeds sedert 1395 gehou. BO Rotterdam se ikoniese gekantelde kubushuise.
 ??  ?? BO LINKS Nieuw-beijerland se “ou dorp”. BO REGS Ek en my man tussen Keukenhof se tulpe. LINKS Die rye fietse by die Utrecht Centraal Stasie. ONDER HEEL LINKS ’n Kaaswinkel op my buurdorp, Oud-beijerland. ONDER LINKS Ons poseer in tradisione­le klere in ’n museum op Volendam.
BO LINKS Nieuw-beijerland se “ou dorp”. BO REGS Ek en my man tussen Keukenhof se tulpe. LINKS Die rye fietse by die Utrecht Centraal Stasie. ONDER HEEL LINKS ’n Kaaswinkel op my buurdorp, Oud-beijerland. ONDER LINKS Ons poseer in tradisione­le klere in ’n museum op Volendam.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa