Sarie

Leesdinge

- DEUR PHYLLIS GREEN pgreen@media24.com of @Phyllisgre­en op Twitter

DEUR WATER & VUUR, Karin Combrinck (Lux Verbi, R255)

Jennifer se pa het spoorloos verdwyn. Nóg haar stiefma nóg sy vriende of die polisie weet waar hy is. Sy huur ’n private speurder om hom te soek. In die proses word ’n geheim oor bejaardemi­shandeling onthul. Jennifer se loutering bring vir haar aanvaardin­g, wysheid en die besef dat sy haar huwelik kan red.

THE WISDOM OF SALLY RED SHOES,

Ruth Hogan (John Murray, R300) Masha het emosioneel ophou bestaan toe haar tweejarige seun verdrink het. Twee eksentriek­e vroue kruis haar pad en stadigaan begin sy weer belangstel in die lewe. Empaties, hartroeren­d en subtiel. Maak reg vir ’n verrassend­e kinkel aan die einde!

AL WAT OORBLY,

Santie van der Merwe (Lapa Uitgewers, R265)

Toe sy ses was, is Julia se ma oorlede en het sy ’n ongenaakba­re stiefma gekry. As volwassene kelder Julia haar verhouding met haar geskeide buurman, want sy wil nie ’n aaklige stiefma wees nie. Sy moet haar herinnerin­ge aan haar ma en stiefma in oënskou neem om by die waarheid uit te kom sodat liefde kan seëvier.

SLEEPER,

Mike Nicol (Umuzi, R250) Internasio­nale spioene, komplotte by die dosyne, uraandiefs­tal, ’n vuilbom en politici met nog vuiler hande maak hierdie opwindende verhaal geweldig relevant in die tyd waarin ons leef. Nicol trek die drade vernuftig saam om dié boeiende spanningsv­erhaal te laat uitspeel.

BRIEWE UIT BRIELSHOOP,

Helene Olivier (Protea Boekhuis, R220)

Die pynlike maar raak waarneming­s oor die tydsgees waarin die briefroman afspeel, is treffend. Henna erf ’n plaas, en sy en haar man word naweekboer­e; sy meer as hy. Sy moet haar herkoms trotseer om antwoorde oor haar voorsate te kry. Sy leer ook die harde werklikhei­d oor boerdery. “Dis genade die boerdery, net suiwer genade” (bl. 177).

AS SY WEER KOM, Marlize Hobbs (Naledi, R200)

’n Roerende verhaal waarin die hoofkarakt­er, Iza, probeer sin maak van die lewe deur gesprekke met haar alter ego’s. Sy deel op intieme wyse haar worsteling oor identiteit, seksualite­it en geloof. “My herinnerin­ge is vervleg met die virtuele werklikhei­d wat ek daagliks in verhaalvor­me uittik” (bl. 28).

TEBATSO GAAN SEE TOE, Maya Fowler (Protea Boekhuis, R190)

Desember 1984 gaan drie generasies Vrystaatse Afrikaners see toe vir vakansie. Tebatso gaan saam om te help. Dis haar eerste kennismaki­ng met die see. Uit Tebatso se oogpunt sien ons hoe die politiek van die verlede ’n impak op gewone mense se lewens gehad het. Haar verhaal tref jou soos ’n vuishou in die maag.

THE PAPER LOVERS,

Gerard Woodward (Picador, R400) Arnold Proctor se terloopse buite-egtelike verhouding met godsdienst­ige Vera ontwrig alles in sy lewe. Sy vrou het ’n suksesvoll­e winkel waar sy haar handgemaak­te papier verkoop. Papier word die simbool van ’n verhaal oor liefde en verraad waarin godsdiens en seksuele obsessie ondersoek word.

PROOI,

Deon Meyer (Human & Rousseau, R320)

Bennie Griessel en Vaughn Cupido ondersoek die onopgelost­e moord op ’n oudpolisie­man op ’n luukse trein. Hulle krap met moeite ’n nes van onheilige sameswerin­gs oop. Wanneer hulle staatskapi­ng en ’n moordkompl­ot oor landsgrens­e vermoed, word druk van bo af op hulle geplaas om die moord af te maak as selfdood. Die beste Griessel-verhaal nog!

STRANGERS WITH THE SAME DREAM,

Alison Pick (Headline UK, R320) Palestina 1921, in die tyd toe Israel gevestig word. ’n Idealistie­se groepie begin ’n kibboets op grond wat eens aan Palestyne behoort het. Drie karakters se vertelling van dieselfde gebeure vanuit hul eie verwysings­raamwerk maak dié onthutsend­e verhaal onvergeetl­ik.

 ??  ?? “Iewers ontspring dink & dank aan dieselfde bron & klank” Uit die gedig “Dink & dank” deur Johann de Lange, uit die bundel Stil punt van die aarde (Human & Rousseau, R170)
“Iewers ontspring dink & dank aan dieselfde bron & klank” Uit die gedig “Dink & dank” deur Johann de Lange, uit die bundel Stil punt van die aarde (Human & Rousseau, R170)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa