Diy-din­ge vir jou huis

Sag­te kers­lig, flon­ke­ren­de lig­gies en mooi toe­ge­draai­de pak­kies spel Kers­fees. Ge­bruik tak­kies en bla­re uit jou tuin en goud­kleu­ri­ge pa­pier­ster­re om ’n fees­at­mos­feer te skep

Sarie - - Desember Inhoud -

VIR DIE MINIMALIS

As jy nie lus is vir ’n boom en kran­se nie, dek ’n mooi skink­bord met lint, lig­gies wat met bat­te­rye werk en Kers­bal­le. Plaas dit op jou eet­ka­mer­ta­fel of in die voor­por­taal. Drie groot Kers­bal­le (va­n­af R29) van @ho­me. An­der sti­lis se eie.

GE­BRUIK OU BOT­TELS

Bot­tels maak mooi kers­hou­ers. Voeg ’n bie­tjie glans by deur die bot­tel­nek­ke goud te spuit­verf. Plaas tak­kies, va­rings of kruie daar­in en vul met wa­ter. Dek met wit-en-goue bor­de soos dié uit die Da­vid Jones-reeks van Wool­wort­hs (R190 vir groot en R170 vir klein bord) en goue gla­se (R79 vir rooi­wyn­gla­se) van @ho­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.