Sarie

Aktrise Kim Syster

- – Marguerite van Wyk

Vanjaar was ’n wipplank van nuwe horisonne en goeie eindes. So vertel Kim Syster wat as die rabbedoe Jax Davids in die sepie Binnelande­rs en Sonja Landman in die dramareeks Spoorloos op kyknet te sien is. Sy’s ’n reisiger en glo elke pad het ’n verhaal. Toe sy ’n paar maande terug van Kaapstad af Johannesbu­rg toe moes trek, was dit vir haar swaar. Sy en haar man, Chris, het vir ’n ruk ’n langafstan­dverhoudin­g gehad voor hy by haar aangesluit het, en sy het ook haar familie gemis. “Ek het geleer hoe aanpasbaar ek is en maak nie langtermyn­planne nie. As jy God wil laat lag, moet jy Hom van jou planne vertel, maar besef Hy besluit . . .” Kim sê sy glo nie aan eindes nie, eerder “oorgange”. “Jy hoef nie jou bestemming vinnig te bereik nie, solank jy elke taak so goed as moontlik doen.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa