’n K­re­a­tie­we kop

As jy k­re­a­tie­we flair het en ’n kop vol i­dees, lê ’n wê­reld vol sa­ke­moont­lik­he­de voor jou oop, het dié drie en­tre­pre­neurs ont­dek

Sarie - - Desember Inhoud - DEUR SUZETTE TRUTER

‘Ek wil nooit ar­ri­veer nie – ek sal sterf van ver­ve­ling!’ Ing­rid de Waal, ei­e­naar van die Ca­net­te­val­lei-han­dels­merk, Stellenbosch

Ing­rid de Waal se man spot al­tyd hy kan nie by haar by­hou nie. As hy weer sien, het sy nóg ’n pro­jek aan­ge­pak. Tans is dit seep­maak – won­der­li­ke skep­pings met be­son­der­se geu­re. Van per­de­blom tot fyn­bos tot wil­de-als land in haar seep­pot. “Da­ni­ël is ook mal daar­oor, so­lank ek hom nie ook dis­til­leer nie!” skerts sy.

Ge­luk­kig bied ’n boe­tiek­wyn­plaas soos Ca­net­te­val­lei bui­te Stellenbosch baie moont­lik­he­de as jy “nie kan stil­sit nie, ’n a­gie is en ’n k­re­a­tie­we streep” het.

Ing­rid het eers Frans aan die U­ni­ver­si­teit Stellenbosch do­seer, maar ’n jaar of twee ná hul troue in 1997 het sy be­gin mos­kon­fyt kook, soos dit meer as 200 jaar ge­le­de al op haar man se fa­mi­lie­plaas ge­doen is – oor ’n oop vuur. Hul­le bot­te­leer dees­dae jaar­liks so­wat 5 000 fles­sies van hul Kaap­se Mos­kon­fyt.

La­ter het sy Da­ni­ël oor­reed om drie hek­taar win­gerd­grond aan la­ven­tel af te staan, reeds aan’t vi­su­a­li­seer wat sy daar­mee wou doen. Van­dag kan sy nie voor­bly om te voor­sien in die vraag na hul vlug­ti­ge o­lies, droë la­ven­tel en vars sny­blom­me nie. Haar rou la­ven­tel­heu­ning – van by­e­boer­de­ry het sy so tus­sen­deur ge­leer – is e­nig in sy soort.

Aan­vank­lik het Ing­rid niks ge­weet van die la­ven­tel­be­dryf nie – maar sy is ’n “fa­na­tie­se le­ser”, glo aan in­stink en as daar een ding is wat haar dryf, is dit die op­win­ding om iets te ver­koop wat sy self ge­maak het. Haar sa­ke­sin het sy van haar pa, des­tyds al­ge­me­ne han­de­laar op Pel­la in die Noord-kaap, ge­ërf, ver­tel sy.

Haar eer­ste o­lie-oes in 2006 is in stort­maat ver­koop, maar dit was nie baie be­vre­di­gend nie. Die jaar daar­na het sy let­ter­lik met haar groen kar­re­tjie van die een ap­teek en ge­sond­heids­win­kel na die an­der ge­ry om met haar bot­tel­tjies o­lie te smous. “Nie­mand in die plaas­li­ke mark het toe hul eie ver­koop nie, so die ga­ping was daar, maar met drie jong kin­ders was dit steeds har­de werk. En dit het tyd ge­neem.”

Teen die der­de jaar was daar nog baie o­lie oor en oes­tyd het on­rus­ba­rend na­der ge­kom. Toe be­sluit sy net daar: Nou droog ek al­les. “Daar was ber­ge en ber­ge blom­me­tjies, die hé­le sol­der vol! My kop het oor­tyd plan­ne­tjies ge­maak. Dit móés net werk, vir ’n boer is el­ke hek­taar sy in­kom­ste.”

Die af­ge­lo­pe ses jaar is haar la­ven­tel­kon­fet­ti en la­ven­tel­sak­kies vir gas­te­hui­se en ho­tel­le top­ver­ko­pers, en on­der­ne­mings wat tee en krui­e­me­di­ka­sie maak, klop ál meer aan. Maar tien jaar ge­le­de wou nie­mand dit koop nie – al­bei kon­sep­te was nog te vreemd.

Ing­rid het nie­te­min deur­ge­druk, en nooit oor­weeg om dit te laat vaar nie. As sy iets maak, glo sy hart en siel daar­aan.

So­dra ’n pro­jek op dreef is, pak sy ’n vol­gen­de uit­da­ging aan. “Hen­ri Ma­tis­se het ge­sê: To ar­ri­ve is to be in pri­son . . . Ek wil nooit ar­ri­veer nie, ek sal dood­gaan van ver­ve­ling!”

Seep­ma­ke­ry fas­si­neer haar steeds el­ke dag, “dis ’n bie­tjie ma­gic, ef­fens ver­sla­wend en dit kom sel­de uit soos jy be­plan het!” Dit was al­tyd ’n droom vir een­dag, maar tyd was daar nooit. Tot drie jaar ge­le­de, toe ’n nood-rug­o­pe­ra­sie haar tot stil­stand “ge­dwing” het.

“Aan­vank­lik was ek skrik­ke­rig om­dat ek geen che­mie-ag­ter­grond het nie. Ek was ver­stom toe my eer­ste meng­sel – la­ven­tel, na­tuur­lik – reg­te seep word.”

Ing­rid speel graag met bo­ta­nie­se e­le­men­te en he­len­de plan­te, oes haar veld­blom­me self, droog dit en deur­trek haar ba­si­so­lies daar­mee.

As sy gaan s­tap, is sy im­mer op die uit­kyk. Brand­ne­tel, pam­poen­blom­me, bloe­kom­bla­re, o­lien­hout . . . ál­les het moont­lik­he­de. Selfs die on­kruid geel­dok se ge­droog­de wor­tels is i­de­aal as sy ’n se­pie pienk wil kleur. Boom­gom van Pel­la is ook al seep­pot toe. En na­dat sy ’n tsam­ma uit die Ka­la­ha­ri ge­bring het, werk sy aan ’n tsam­ma­seep, kom­pleet met groen skil­le­tjie en wit bin­ne­kant. “Ek kan van sog­gens tot saans eks­pe­ri­men­teer,” sê sy.

In dié sta­di­um maak sy al­le seep vir haar win­kel­tjie op die plaas self, so ook die geur­sak­kies wat sy spe­si­aal bor­duur, maar sy het ’n span vroue wat groot be­stel­lings han­teer. Haar kop we­mel van nog ve­le i­dees en plan­ne.

‘As jy hou by al die re­ëls, mis jy die pret’ Kin­na van der West­hui­zen van Ai Ai, de­kor­ver­vaar­di­gers en ge­leent­heids­ti­lis­te, P­re­to­ria

Kin­na van der West­hui­zen sien moont­lik­he­de in e­ni­ge ding. Ie­mand het al ge­sê jy kan selfs vir haar ’n boom­stomp, ’n lamp­paal en ’n bok­sie vuur­hout­jies gee, en sy sal iets daar­van maak . . . Hy was reg.

Vir Kin­na, ei­e­naar van Ai Ai, de­kor- ver­vaar­di­gers en ge­leent­heids­ti­lis­te, is dit eint­lik een­vou­dig: “Ek hou my oë oop. Ek loop mak­lik iets goed­koops raak, spuit dit blou, en dit lyk on­ge­loof­lik! Jy hoef nie ’n mil­joen rand te span­deer om iets mooi te maak nie.”

Dis juis die re­de hoe­kom sy se­we jaar ge­le­de haar eie on­der­ne­ming be­gin het.

Sy het eers vier jaar by die toon­aan­ge­wen­de in­te­ri­eur-ont­wer­per Kim Hut­ton in Jo­han­nes­burg ge­werk. “Hy het ’n groot rol in my le­we ge­speel en my al­les van teks­tu­re, ma­te­ri­a­le en kleu­re ge­leer, maar ek kon nooit in­sien hoe­kom jy ’n ot­to­man moet maak met ma­te­ri­aal wat R4 000 per me­ter kos nie.”

Kin­na het nie for­me­le in­te­ri­eu­rop­lei­ding nie. Ná haar Ba-graad in re­kre­a­sie en toe­ris­me het sy in haar pa se hout­fa­briek al­les van trok be­stuur tot spuit­verf ge­leer. Sy het la­ter as se­kre­ta­res­se by Kim H in­ge­val, maar bin­ne drie maan­de is sy as in­te­ri­eur­ont­wer­per aan­ge­stel – met haar eie se­kre­ta­res­se!

Toe Kin­na uit­ein­de­lik Ai Ai be­gin, reg langs haar pa se fa­briek, het sy ’n fi­guur­saag ge­koop, ’n paar rand se de­k­or­goed­jies mooi op­ge­hang, en toe be­sef nie­mand in P­re­to­ria

weet wie sy is nie . . .

’n En­ke­le dag by ’n brui­lof­skou het ál­les ver­an­der. Met R500, ge­leen by haar pa, het sy ge­saag en te­ke­re ge­gaan met “geen be­nul wat ek doen nie” en haar “skou­ta­fel” ge­dek. Sy het twee trou­es en ’n ma­triek­af­skeid ge­kry. Dis die laas­te keer wat sy ooit be­mar­king moes doen.

As ge­skei­de ma met twee jong kin­ders was dit daar­na sink of s­wem – sy het ál­le werk aan­vaar. Dees­dae werk Kin­na meest­al met kor­po­ra­tie­we kli­ën­te, soos die At­ter­bu­ry-te­a­ter en groot bank­groe­pe. Sy help on­der meer met Matthys Ma­ree en Na­ta­ni­ël se Op­tog! en ge­leent­heids­be­plan­ners span haar ge­reeld in. Van­jaar het sy ook die de­kor vir SARIE Voor­blad­ge­sig se fi­na­le glans­ge­leent­heid ge­doen.

“My vrien­din sê al­tyd ek het meer guts as brains. Die pro­jek­te wat ek aan­durf, maak my bang. As ek by ’n ge­leent­heid my wei­rd and won­der­ful goed be­gin uit­pak, is ek par­ty­keer skrik­ke­rig om men­se te wys wat ek nou weer ge­dek of ge­bou het of uit die dak wil hang,” skerts sy.

Sy het eint­lik nog al­tyd ’n flair vir de­kor ge­had, reeds op la­er­skool. As haar ma-hul­le weg was vir die naweek, sou sy die he­le huis rond­skuif, en met die te­rug­keer was al­les án­ders.

Dis ook hoe men­se ge­reeld haar styl be­skryf . . . an­ders, on­ge­woon. Dit sti­mu­leer en daag haar uit. “As jy or­gan­za-strik­kies en rooi ro­se soek, dis nie ek nie. Ek sal nooit net ’n ta­fel­doek oor my ta­fel gooi nie, ek sal dit eer­der verf, of met vi­niel oor­trek.”

Kin­na fo­kus op die he­le prent­jie as sy ’n ge­leent­heid sti­leer. Sy doen nie “kag­gel­kak­kies” nie en sal eer­der min­der op die ta­fel doen en meer uit die dak laat hang. Sy hou daar­van om al die sin­tuie te sti­mu­leer, van die teks­tuur van die ser­vet tot die lig­te moet reg wees.

Ai Ai het al vyf­tien werk­ne­mers, maar Kin­na bly “hands-on”. “As ’n kli­ënt my iets vra, kan ek uit eie er­va­ring vir haar ’n lo­gie­se re­de gee hoe­kom iets doen­baar of on­moont­lik is,” ver­tel sy.

Aan in­spi­ra­sie skiet sy nie te­kort nie; en sy kyk glad nie na Pin­te­rest nie. “Al­mal in ons fa­mi­lie het ’n k­re­a­tie­we streep. My een ou­ma was ’n pot­te­bak­ker, die an­der ’n in­ter­na­si­o­na­le he­kel­wen­ner. My ma het ’n dok­tors­graad in En­gels, maar het ook haar eie kom­buis­on­der­ne­ming ge­had.”

Sy ont­hou nou nog hoe sy klein­tyd as die tom­boy van drie dog­ters in haar pa se fa­briek ge­boer het. Die wer­kers moes bok­se bou om haar uit die ma­sji­ne­rie te hou. “My pa het my ook baie van be­sig­heid ge­leer. Ek het ’n sterk lin­ke­ren reg­ter­brein.”

Haar groot uit­da­ging is dat sy haar oor ’n mik werk en nie weet wan­neer om op te hou nie. (Die vo­ri­ge aand het sy juis ’n ge­sel­lig­heid met 500 men­se vir die lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie Ca­ring Dai­sies ge­doen; R4 mil­joen is in­ge­sa­mel.) Ge­luk­kig is haar “a­we­so­me man”, Ger­hard (sy is in­tus­sen weer ge­troud), daar, son­der wie sy nie die pas sou kan vol­hou nie. En al­tyd ge­noeg i­dees.

‘Dis in my DNS om goed te maak’ Ca­rin Smith, Kaap­se hand­wer­ker, il­lus­treer­der en sti­leer­der

Ca­rin Smith was skaars tien jaar oud, toe het sy al vir haar ma ge­sê sy wil nie een­dag ’n nor­ma­le werk hê nie – haar stok­perd­jie gaan haar werk wees.

Van­dag doen sy pre­sies dit. Die skep­pen­de dog­ter­tjie wat al­tyd be­sig was met ’n k­re­a­tie­we pro­jek – of dit nou was om pa­pier te maak van die rie­te uit hul tuin of ’n weefraam prak­seer – is nou ’n ma­ker, hand­wer­ker, il­lus­treer­der en sti­leer­der.

’n Mond­vol, wat be­te­ken dat Ca­rin al­tyd ’n klomp din­ge aan die gang het. Dié week maak sy tul­le-ro­se vir ’n ok­ka­sie, sti­leer ’n win­kel­ven­ster en be­plan twee op­wip­win­kels met haar eie rin­ge, pa­pier­blom­me, hand­ge­verf­de rom­pe en blom­sak­ke.

Dis ’n wê­reld wat haar soos ’n hand- skoen pas. “Ek was klein­tyd om­ring deur ma­te­ri­aal, verf, ba­tik, klei, spy­kers, hout . . . Dis deel van my DNS. My ma het ’n ‘ hoe­kom dit koop as jy dit kan maak’-hou­ding, my pa kan e­nig­iets maak, my ou­ma leer steeds el­ke dag nu­we hand­werk­vaar­dig­he­de en my ou­pa was ’n on­ge­loof­li­ke hout­wer­ker. Die he­le fa­mi­lie het my ge­ïn­spi­reer,” sê sy.

Ca­rin het kuns­re­gie en gra­fie­se ont­werp vir ad­ver­ten­sies in Kaap­stad stu­deer na­dat sy die sper­da­tum vir sko­ne kuns­te ge­mis het. Sy’t ge­leer om din­ge uit die kli­ënt se oog­punt te sien, “of dit nou pro­duk­s­ti­le­ring is of om pa­pier­blom­me te maak”.

Sy het juis die groot pa­pier­ro­se ge­maak vir van­jaar se SARIE Voor­blad­ge­sig-fo­to­ses­sie met die Top-10-fi­na­lis­te. Sy sorg dat sy be­wus is van ten­den­se, maar pro­beer steeds ge­trou bly aan haar styl en wie sy is. “Dis pure ge­luk dat blom­me op die oom­blik ’n t­rend is en nog ’n ruk­kie een gaan wees, ek is mal oor blom­me! Hul­le is een­vou­dig prag­tig en so prag­tig een­vou­dig.”

Ca­rin put in­spi­ra­sie uit die na­tuur se vlie­ten­de aard, en “jy hoef niks daar­aan te doen om dit mooi te maak nie”. Ook uit slim ont­werp, mooi beel­de, ge­skie­de­nis, prag­ti­ge lig, teks­tu­re, pa­tro­ne, be­soe­ke aan mu­seums en ga­le­rye en s­tap op die strand . . . “Ek is ’n bie­tjie van ’n mag­pie wat o­ral stuk­kies voor­wer­pe op­tel.”

Sy wou al­tyd een­dag haar eie ding doen. Ná tien jaar as sti­lis by die tyd­skrif I­dees het sy be­ding om een dag per week vir haar­self te werk en met klein pro­jek­te be­gin. ’n Jaar la­ter, ná ’n reis na In­dië (“ja, siels­on­der­soek en al daai din­ge!”) het sy die sprong ge­waag, mét aan­moe­di­ging van haar ar­gi­tekman, Andrew Good­win.

Sy sou graag wou be­weer el­ke dag is pret en mak­lik, maar dit is nie. Dis taai, bieg sy. Jy is mens­li­ke hulp­bron­ne, fi­nan­sies, be­mar­king, skep­pen­de af­de­ling en siel­kun­di­ge. Ve­le hoe­de, maar baie >

< be­vre­di­gend. (“Ek dink . . .”)

Haar groot strui­kel­blok is om te glo in haar­self. “Dis moei­lik om jou­self op te tel as jy vir ’n werk pitch en jy kry dit nie. En om men­se te laat ver­staan om iets met jou han­de te maak is nie nood­wen­dig goed­ko­per as om dit uit C­hi­na in te voer nie.”

Die ple­sier om ’n be­staan te maak deur iets te skep oor­tref eg­ter al­les. Daar is dae wat sy wak­ker word en dink: “Wag ’n bie­tjie . . . ie­mand be­taal my hier­voor!”

Sy kies moei­lik wat­ter pro­jek­te haar die naas­te aan die hart lê, maar son­der tog ’n “groot ge­brei­de in­stal­la­sie” uit wat sy vir ’n toon­ven­ster ont­werp het. “Dit was saam met vroue van Mit­chells Plain. Die fo­to’s waar hul­le trots langs hul skep­pings staan . . . dít was on­ge­loof­lik.

“Ek ge­niet ook op­drag­te wat my ver­moë toets en my druk om nu­we teg­nie­ke te be­dink. As ek uit my diep­te voel, is die uit­da­ging én die be­vre­di­ging gro­ter.”

Sog­gens, voor haar werk­dag be­gin, gaan s­tap sy, ’n vrien­din en hul hon­de. (Ca­rin noem haar “lucky pac­ket- hond­jie” T­han­di haar “e­mo­si­o­ne­le steun-hond”.) Al ge­sel­send ge­niet hul­le die na­tuur son­der om te voel hul­le moet die wê­reld se pro­ble­me op­los – “een van my bes­te ge­woon­tes se­dert ek my eie be­sig­heid be­gin het”. As jy nét werk, sal jy uit­brand en die­self­de goed bly skep. Bly leer en pro­beer nu­we din­ge, kui­er met vrien­de, want ba­lans gee brand­stof, sê sy.

’n Aan­ha­ling van die kuns­te­naar Ge­or­gia O’keef­fe in­spi­reer én som haar op: “Ek is nog el­ke oom­blik van my le­we dood­bang – maar ek het nog nooit dat dit my keer om e­nig­iets te doen wat ek wil nie.”

FO­TO PHYLLIS G­REEN STILERING FA­NIE CRONJÉ

FO­TO WIL­LEM LOU­RENS STILERING MAGDEL MUL­LER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.