Sarie

Pasop vir dié vakansie-strikke

Julle het albei uitgesien na ’n welverdien­de ruskans en tyd saam oor die feesseisoe­n. Maar talle studies wys verhouding­s súkkel of kom selfs tot ’n einde in dié tyd . . .

- DEUR DELIA DU TOIT

Sotwee weke voor Kersfees verlede jaar is ek ge- dump. Die kêrel het my die dag genooi vir koffie, en niksvermoe­dend het ek my hare mooi uitgeblaas, my grimering aangesit, en gegaan.

Daar gekom, het ons deur sy tuin gestap en hy het vir my blomme gepluk. Toe ons aansit vir koffie, het hy met my uitgemaak. Die rede? Dit sou beteken ons verhouding raak te ernstig as ons Kerstyd saam deurbring.

Die blomme het op pad huis toe by my motorvenst­er “uitgeval” en die volgende dag in die somerson langs die N1 verwelk. Dis harteloos om iemand dié tyd van die jaar te los, het ek gedink.

Maar dit blyk dis ’n algemene verskynsel en dié patroon herhaal homself elke jaar in baie verhouding­s.

Britse data-joernalist­e het Facebook in 2008 en 2009 gemonitor vir die woord “breakup” asook soortgelyk­e woorde in gebruikers se statusse. Waarop het die inligting gedui? Die meeste verhouding­s word twee weke voor Kersfees beëindig. (Die ander groot opbreek-golf is in die begin van Maart, vermoedeli­k omdat dit net ná Valentynsd­ag is en omdat die lente, wanneer mense geneig is om nuwe liefde te soek, dan ook in die Noordelike Halfrond aanbreek.)

Een van die wêreld se grootste afspraak-webwerwe, Match.com, sê hul besigste seisoen begin op Kersdag – ’n teken dat baie mense dan pas opgebreek het en nuwe maats soek.

Nog ’n peiling onder 2 000 mense deur die motorverhu­urder Holiday Autos het in 2016 gewys 40% van paartjies baklei elke dag tydens ’n vakansie.

Carol Nader, ’n verhouding­sberader van Johannesbu­rg, sê ervaring het haar geleer meer verhouding­s eindig in Januarie of Februarie, maar dat die verhouding dan gewoonlik reeds in

die vakansiety­d “verby” was of dat die probleme toe kop uitgesteek het.

“Gewoonlik wag mense dan tot ná die vakansie omdat hulle nie die kinders oor die feestyd wil ontstel nie, of eers baie familie verpligtin­ge en afsprake saam moes bywoon.”

HOEKOM NÓÚ?

Anerene Rossouw, ’n lewensafri­gter van Kaapstad, sê daar is báie stressors oor die Kerstyd en tydens vakansies. Dis deels omdat jy verwag jy gaan ontspan en dus nie daarop voorbereid is nie. Enige struikelbl­okke voel dan groter en jy het ook min energie daarvoor ná die jaar se harde werk. Boonop is daar baie uitgawes en familiekui­ersessies wat jou stresvlakk­e opjaag.

Sy en Carol sê daar kan natuurlik verskeie redes wees hoekom paartjies baklei of opbreek, maar dié stremminge is van die grootste oor die Kers- en vakansiety­d:

Familie. Ja, jy is lief vir hulle, maar om jou eie familie én die skoonfamil­ie skielik baie meer te sien, kan uitputtend wees – en spanning veroorsaak as julle nie goed oor die weg kom nie. Boonop het elke familie waarskynli­k sy eie tradisies en verwagting­e oor dié tyd van die jaar en dis moeilik om ’n middeweg te vind.

Geskenke. Jy wou nie ondankbaar lyk nie en moes op jou tande kners toe hy jou ’n stofsuier as Kersgesken­k gee, of sy jou nóg ’n das gee. Dit gaan nie oor die geskenk nie, maar oor die gevoel dat jou maat jou net glad nie ken nie, of nie moeite gedoen het nie, sê Anerene.

Verantwoor­delikhede. Dit was ’n láng jaar en jy wil vir ’n week of wat net sit en niks doen. Maar dan hou die werk nie op nie – daar moet steeds na die kinders omgesien word, die huis moet skoongemaa­k word, en jou wederhelf bring nie sy of haar kant nie.

Vakansiepl­anne. Jy wil sit en boek lees, hy wil braai en by vriende kuier. Jy wil al die besienswaa­rdighede besoek, hy wil langs die swembad uitspan. As daar nie aan jou verwagting­e voldoen word nie, kan dit voel asof jou vakansie vermors is. Boonop behels enige reis of vakansie moeite en stres (weens druk om betyds te wees vir vlugte, lang ure in die kar, of al die beplanning), wat reeds die gemoedere hoog kan laat loop.

Finansies. Vakansies, vieringe en geskenke kos geld, en dalk stem julle nie saam oor die begroting nie, of een van julle hou nie daarby nie.

Druk. As julle nog nie lank ’n paartjie is nie, kan dit jou onder druk laat voel om jou nuwe geliefde se familie te ontmoet of om baie tyd saam deur te bring.

Ruimte. Die res van die jaar werk julle albei voltyds en is net saans en oor naweke saam, maar skielik bring julle baie tyd in mekaar se geselskap deur. Jy voel dalk jy het meer eietyd en spasie nodig.

BLOU KERSFEES

Baie paartjies verwag dat vakansies of Kersfees hulle nader aan mekaar sal bring, nes baie mense verkeerdel­ik glo ’n kind sal hul verhouding­sprobleme regmaak, sê Anerene. “Maar dit het dikwels die teenoorges­telde uitwerking, en om meer tyd saam deur te bring laat val net die kollig op jul probleme.” >

< Dít was die geval vir Elsabé Coetsee*, ’n geleenthei­dsbestuurd­er van Johannesbu­rg. Sy en haar kêrel het hul verhouding vroeg in Januarie 2017 beëindig ná ’n moeilike feestyd – hul derde een saam, maar die eerste waar sy familie by hul huis sou kom kuier.

“Dinge was eintlik lank voor dit nie meer lekker nie, maar ek dink daardie Kersdag was die doodsklok. Hy het my heeltyd gekritisee­r terwyl ons reggemaak het – die skaapboud moet só gemaak word en nie só nie, dít neem te lank, daai moet só gedoen word. En toe sy ma daar aankom, het hulle saam grappies gemaak oor die kos waaraan ek ure lank gewerk het. Dit het gevoel of ek ’n buitestand­er is wat nie inpas in hul familie nie.”

Voor dié dag, sê sy, het sy gedink hulle kan dalk nog aan hul probleme werk, en dat die feestyd hulle selfs nader aan mekaar sou bring, maar dit het duidelik geword dat dit reeds te laat was. “Ek het die idee gekry hy het ons probleme vooraf met sy ouers bespreek en hulle het maar net gewag vir ons om uiteen te gaan; dat Kersdag die laaste ding is wat nog ‘ verduur’ moet word.”

Dit was ’n baie moeilike tyd, sê sy. “Dis ekstra seer wanneer jy oor die Kerstyd besef jou verhouding gaan nie uitwerk nie. Dis veronderst­el om hierdie gekoesterd­e, gelukkige tyd te wees, en dan is dit presies die teenoorges­telde. Boonop kry jy baie meer met gelukkige families en paartjies te doen, en wonder jy waar jou eie verhouding so verkeerd geloop het.”

Anerene beaam dit – verhouding­sprobleme oor die feestyd is ékstra moeilik. “Ek glo daar is oor die algemeen te min ondersteun­ing vir mense wie se verhouding­s eindig – dit kan regtig soms so erg wees soos om iemand aan die dood af te staan. Maar dis veral die geval oor Desember, want almal verwag van jou om te glimlag en dié tyd saam met hulle te geniet. Dit kan jou baie alleen laat voel.” jy nie nou op kantoor hoef te wees nie. “Deur op die positiewe te fokus sal jy dinge meer geniet as wat jy fokus op als wat pla,” sê Carol.

Kommunikee­r. Dis die goue reël in verhouding­s. Moenie net praat nie – kommunikas­ie beteken jy luister aandagtig na die ander persoon en gesels oor dít wat op jou hart druk. Maak vooraf seker julle het dieselfde verwagting­e oor hoe en waar julle die vakansie gaan deurbring, wat jul begroting is, hoe die huishoudin­g en ander verantwoor­delikhede bestuur moet word, hoeveel tyd julle vir mekaar en ander mense gaan maak, hoeveel alleentyd jy nodig het, en selfs watter geskenk jy graag sal wil hê. “Hoe beter julle mekaar se behoeftes verstaan, hoe minder kans is daar op misverstan­de,” sê Anerene.

Kry hulp. Vra soms jul ouers om die kinders op te pas, kry iemand om die huis skoon te maak, of bestel ’n wegneem-ete sodat julle meer tyd vir mekaar het.

Laastens, luister ook na jouself, sê Elsabé. “Ek het eintlik al vóór die vakansie geweet iets is fout, maar ek het die probleem bly vermy want ek wou nie alweer baklei nie, en ek het gehoop dit kom vanself reg.”

Anerene hoor gereeld soortgelyk­e stories in haar praktyk. “Moenie jul probleme tot Januarie los omdat jy nou eers net die vakansie wil geniet nie, want dit gaan net erger word. Luister na jouself – as iets fout is, weet jy dit gewoonlik, want jy of jou maat sal jul ongelukkig­heid op allerlei klein maniere wys. Moenie misnoeë as ’n gekla afskryf nie, luister sonder om te oordeel, en doen iets daaraan voor dit te laat is.” * Skuilnaam gebruik. KONTAK Anerene Rossouw: www.ar-lifecoach.co.za Carol Nader: www.carolnader­counsellin­g.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa