Bas­ta met dié ba­be­las-mi­tes

Geen hoe­veel­heid al­ko­hol, hoe ma­tig ook al, is vei­lig nie, vol­gens ’n stu­die in die vak­tyd­skrif The Lan­cet. Par­ty ken­ners re­ken die na­vor­sers ruk die dam on­der die eend uit. Tog is daar geen twy­fel dat swaar drank­ge­bruik niks goeds in­hou nie. En as jy ’n

Sarie - - Desember Inhoud - Bron­ne: www.web­md.com, www.pre­ven­ti­on.com

MITE KIES WYN AS JY BA­BE­LAS VREES Rooi­wyn be­vat tan­nien, ver­bin­dings be­kend daar­voor dat dit par­ty men­se hoof­pyn kan gee. Mout­dran­ke, soos whis­ky, is ook ge­neig om ’n er­ger ba­be­las te ver­oor­saak. As jy be­kom­merd is oor hoe jy mô­re gaan voel, kies bier en deursigtige dran­kies, soos vod­ka en je­ne­wer. MITE EET PAS­TA VOOR JY BED TOE GAAN Eer­stens help dit nie jy eet voor jy bed toe gaan (ter­wyl jy reeds ge­ko­ring is) nie. Daar moet vooraf kos in jou maag wees. Twee­dens, hoe­wel e­ni­ge kos die op­na­me van al­ko­hol in jou bloed­stroom ver­traag, is vet die bes­te. Eet piz­za of ste­ak voor jou eer­ste dran­kie. En drink wa­ter voor jy gaan slaap om de­hi­dra­sie hok te slaan. MITE DRINK ’N PYNPIL VOOR SLAAP­TYD Pyn­pil­le wat jy oor die toon­bank kan koop se ef­fek neem ná ’n paar ure af, dus klop jou kop van voor af wan­neer jy wak­ker word. Neem dit liefs die vol­gen­de og­gend wan­neer jy op­staan. Drink wa­ter en ’n sport­dran­kie om de­hi­dra­sie teen te werk en ver­lo­re e­lek­tro­lie­te te ver­vang – ver­al as jy naar was.

MITE ENETJIE AS JY OP­STAAN Meer al­ko­hol die vol­gen­de og­gend gaan net jou ba­be­las

uit­stel. Die erg­ste simp­to­me tref jou as jou bloedal­ko­hol­vlak nul is. Drink jy ’n reg­ma­ker­tjie met ont­byt, ge­beur dit bloot la­ter in die dag. As jy sog­gens nie son­der een kan funk­si­o­neer nie, kry hulp vir al­ko­hol­ver­sla­wing. MITE DIEETKOELDRANK SAL HELP Dit help dalk as jy ki­lo­jou­les tel, maar nie vir ’n ba­be­las nie. Vrug­te, vrug­te­dran­kies en an­der vloei­stow­we met sui­ker kan jou o­lik­heid ná die vro­lik­heid min­der in­tens maak, vol­gens na­vor­sing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.