Kom rus nou! Jou ge­lief­des én baas sal dan­kie sê

Nee, va­kan­sie is nie ’n luuk­se nie, maar ’n be­lang­ri­ke deel van ’n ge­son­de leef­styl. Net so is a­sem­skep deur die jaar – én deur jou dag

Sarie - - Desember Inhoud - DEUR LYDIA VAN DER MERWE

He said, I don’t drink But so­meti­mes I wan­na pop that top Ta­ke a swig and ma­ke the wor­ld stop And wa­tch it f­a­de a­way He said, I don’t smo­ke But so­meti­mes I wan­na lig­ht it up Ye­ah, w­hen t­hings get tough So­meti­mes I need a smo­ke bre­ak, ye­ah

Uit “Smo­ke Bre­ak” deur Car­rie Un­der­wood

’nO­ën­skyn­lik oor­werk­te Elon Musk het on­langs A­ri­an­na Huf­fing­ton se voor­stel ver­werp dat hy meer moet rus . . . in ’n twiet in die mid­del van die nag.

Te­sla se groot­baas het (glo tra­ne­rig) aan The New York Ti­mes (ny­ti­mes.com) ge­sê hy het die voor­af­gaan­de tyd tot 120 uur per week ge­werk: “Daar was tye dat ek drie of vier dae nie die fa­briek ver­laat het nie, bui­te was nie.” Wan­neer hy wel tyd het om te slaap, het hy ge­sê, moet hy dik­wels Am­bien neem, ’n slaap­pil vir kort­ter­myn-ge­bruik. Hy twiet dan ook ver­le­de jaar: “’n Bie­tjie rooi­wyn, ’n ou speel­plaat, ’n bie­tjie Am­bien . . . en ma­gic!”

A­ri­an­na, en­tre­pre­neur met haar hand in ’n paar pot­te en kamp­veg­ter vir be­ter slaap­ge­woon­tes, pleit in ’n ope brief op haar wel­wees-web­tuis­te, Thri­ve Glo­bal (thri­veglo­bal.com): Hoe kan Elon in aan­ra­king bly met sy won­der­baar­li­ke vi­sie en kre­a­ti­wi­teit as hy hom­self nie tyd gun om weer in voe­ling te kom met sy ge­lief­des, hom­self en sy wys­heid nie? “Dit gaan nie oor har­de werk nie – na­tuur­lik gaan jy al­tyd hard werk. Maar om op ’n ma­nier te werk wat jou in staat stel om die bes­te be­slui­te te neem.”

Dit geld nie net vir hom nie, sê sy in ’n ver­kla­ring aan The Washing­ton Post (wa­shing­ton­post.com). “Dit gaan oor die diep ge­se­tel­de dwa­ling in ons kul­tuur dat uit­bran­ding die prys is wat ons vir suk­ses moet be­taal.” Die baas wat sy/ haar le­we aan kor­po­ra­tie­we suk­ses wy, is mos ’n i­koon in die raad­saal. En nê­rens meer as in A­me­ri­ka se Si­li­kon­val­lei nie – hoe­ka ver­ant­woor­de­lik vir die werk­tuie wat dit moont­lik maak om ons werk huis toe te vat. En saam op va­kan­sie. O­ral. Die net­wer­ke, skoot­re­ke­naars en slim­fo­ne. Die prys? Ons kan maar net spe­ku­leer wat­ter rol ver­moei­e­nis in Elon se toe­ne­mend wis­sel­val­li­ge ge­drag (en twiets) speel. Oor­werkt­heid is een van die mo­der­ne le­we se groot pro­ble­me, sê A­lex Soo­jung-kim Pang in sy boek Rest: Why You Get Mo­re Do­ne W­hen You Work Less (Ba­sic Books, 2016). >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.