Sarie

ALMAL MIK HOËR VIR LIEFDE

- Bron: Atlantic.com

Mik jy vir kandidate “buite jou liga” as jy ’n kans waag met die liefde? ’n Groot nuwe Amerikaans­e studie wys mans én vroue wat afspraak-webwerwe gebruik, doen dit en die meeste het uitgereik na potensiële maats wat sowat 25% meer “begeerlik” as hulle is. Dié bevinding is gemaak deur sosioloë aan die Universite­it van Michigan, wat boodskappe van meer as 186 000 mense op ’n gewilde afspraak-webwerf in vier groot stede ontleed het. Net hoe gesog of begeerlik jy is, word bepaal deur hoeveel boodskappe (en reaksies daarop) jy van ander gesogte kandidate gekry het. Volgens dié studie is ’n vrou op 18 op haar gesogste en ’n man op 50 jaar!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa