DIE ALLEENPAD . . .

Sarie - - Briewe - A­no­niem, Mid­del­burg

’n Ruk ge­le­de kyk ons die fliek Raai­sel­kind en voel hoe die seer­kry in ons as fa­mi­lie se har­te eg­go. My sus se dog­ter­tjie (nou al 16) is ook op on­ge­veer vyf jaar uit­ein­de­lik met ou­tis­me ge­di­ag­no­seer.

Di­aan La­wrenson ver­tolk haar rol as ma so uit­ste­kend dat ek die­self­de pyn en ont­nug­te­ring van my sus in die ly­ne op haar ge­sig her­ken. Ek sien die­self­de ver­we­se moeg­heid van nim­mer­ein­di­gen­de lang dae vol suk­kel met ’n kind wat nie in woor­de kan sê as sy ie­wers pyn, on­ge­mak of hart­seer voel nie. Die ge­raai of die nuut­ste gier dalk die be­gin van ’n oor- of blaas­in­fek­sie of som­mer net stou­tig­heid is. Die ver­ne­de­ring as sy skie­lik son­der waar­sku­wing ’n wild­vreem­de­ling in ’n ge­sel­skap byt. Die al­leen­heid en i­so­la­sie wat knaag om­dat hul­le nie soos ge­wo­ne men­se by vrien­de kan gaan braai of som­mer net fliek toe gaan nie.

Ek wil na­mens el­ke ou­er van ’n kind met spe­si­a­le be­hoef­tes dan­kie sê vir ’n fliek soos hier­die. Dit lig die slui­er van al­leen­heid so ’n bie­tjie en gee ons “an­der” men­se meer be­grip en em­pa­tie vir sul­ke ge­sin­ne. Ek sa­lu­eer el­ke mam­ma en pap­pa met ver­al ou­tis­tie­se kin­ders en wil jul­le ver­se­ker dat Hy al­tyd saam­stap, al voel jul pad on­ein­dig een­saam. Jul be­lo­ning sal jul­le ont­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.