Sarie

VIER VROUWEES

- Erna Lubbe, Bloemfonte­in

Dankie dat julle SARIE Voorbladge­sig op TV uitgesaai het. Net om na die program te kyk was absolute genot. Dit het ’n mens weer sterk onder die indruk gebring van hoe wonderlik vrouwees is en hoe jy dit moet vier. Hoe jy jouself en jou skoonheid moet en mag geniet en liefhê, en soms wyer moet dink en meer waagmoedig moet wees oor styl en wat jou pas of nie. Plus die heerlike selfvertro­ue wat daarmee gepaard gaan.

Weet dat vele vroue danksy hierdie program opnuut selfvertro­ue gekry het en met nuwe ywer vrouwees in al sy fasette aanpak. En dat dit nie net ’n mooi gesiggie is wat van jou ’n aantreklik­e vrou maak nie, maar die innerlike jy wat die basis is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa