Sarie

WONDERLIKE VERSKEIDEN­HEID

-

Hierdie reënboogna­sie van ons verruil ek vir niks in die wêreld nie. Ons land het ’n reënboog van ras, taal, geloof en kultuur en dis juis wat dit so uniek maak. 2018 is ekstra spesiaal omdat ons die voorreg gehad het om Mandela se 100ste verjaardag te herdenk. Ek kan myself nie indink om in ’n land te woon sonder so ’n wonderlike verskeiden­heid nie.

Ons spyskaarte is net so

kleurryk soos ons land en sy mense. Hier kan ons kies tussen boerekos en stywepap, samoesas, Indiese kerrie, Chinese geregte, Griekse slaaie, Franse spesialite­ite, Portugese brode en sommer net ’n lekker vis- parcel met slaptjips.

Reis deur ons land, dan is daar niks mooier nie as sneeukombe­rse op die berge, dik wolke wat saampak, pragtige watervalle, groen wingerde, vrugteboor­de . . .

Al trek ons swaar aan ’n sukkelende ekonomie, weet ek hierdie reënboogna­sie het gekom om te bly in ons pragtige Suid-afrika. Marina Stain-alberts, Kraaifonte­in

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa