Sarie

BOODSKAP NET VIR MY

- Eve, Wes-kaap

Het sosiale media ons antisosiaa­l en onpersoonl­ik gemaak, of is dit net ek wat dit so ervaar, ’n sensitiewe wese?

Soggens kry jy gekopieerd­e boodskappi­es om jou ’n lekker dag toe te wens en saans weer een wat jou ’n rustige nagrus gun. Jy weet jy is een van vele wat dieselfde boodskap ontvang en daarom is dit so geskryf dat dit by al die ontvangers pas. Niks is uniek of spesifiek vir jou geskryf nie, dis net aangestuur om jou te laat glo dat die persoon aan jou dink. Dus gaan jy na jou galery en stuur weer iets aan al die stuurders om hulle dieselfde te laat glo.

Min doen die moeite om self te dink wat jy vir hulle beteken en of hulle aan jou dink. Miskien glo ons ander kan dit mooier stel, maar glo my, jou eie woorde uit jou hart en net vir my bedoel . . . dis spesiaal!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa