Sarie

Hoogskop

IN FLIEKS

-

Stroomop, Susters . . . Sterk vrouekarak­ters het ons vanjaar na plaaslike fliekteate­rs gelok, laat lag en ontroer. Stories wat deur vroue gedryf word, is tans gewild. Van die grootste treffers verlede jaar het vroue in die hoofrolle gehad ( Star Wars: The Last Jedi, Beauty and the Beast en Wonder Woman). En sulke flieks vaar góéd by die loket, sê Madeline di Nonno van die Geena Davis Institute on Gender in Media in die dagblad The Guardian.

Dalk ’n rede vir die tendens om ou gunsteling­e weer op te dis – met ’n kinkel: Vroue in die rolle wat oorspronkl­ik deur mans gevul is. Ghostbuste­rs het daarmee afgeskop en vanjaar het ons Ocean’s 8, met onder andere Sandra Bullock en Anne Hathaway, gesien. Lord of the Flies met vroue word tans ontwikkel. En laat sosiale media gons: Sit ’n groep vroue op ’n eiland en die afloop gaan waarskynli­k baie meer vreedsaam wees, was sommige se mening; watwou moord en doodslag. In die plek van The Nice Guys, met Ryan Gosling en Russell Crowe, word The Nice Girls beplan. Ongelukkig het al vier flieks mans aan die roer: as vervaardig­ers, skrywers en regisseurs. Vroue kán immers, soos die allemintig­e sukses van Patty Jenkins se Wonder Woman wys. Wonder Woman 2, weer met haar as regisseur, word in die tweede helfte van 2019 uitgereik.

Nog ’n ongewone rol-ommeswaai: ’n Nuwe weergawe van Splash word beplan, met Channing Tatum in die rol van die meermin. Magic Mike, die grootste deel van die fliek sonder hemp? Dié man is immers gewoond aan vroulike fliekgange­rs wat hom kwylend aanstaar! Jillian Bell is in die rol van Tom Hanks. Dis verfrissen­d anders as die 1984-weergawe met sy verouderde siening van vroue: Daryl Hannah se meermin is pragtig, maar het bitter min te sê.

Die twee is duidelik versot op mekaar en Meghan en Harry se troue in Mei vanjaar het nie net die Britte op hol gehad nie. Dit het die romantikus in ons almal laat ontwaak – en ’n geskatte twee miljard mense wêreldwyd het na die troue, op TV sowel as die internet, gekyk. Meghan vertel in die dokkie Queen of the World sy het ’n geheime aandenking van hul eerste afspraak in die ragfyn sluier laat inwerk: ’n Stukkie blou materiaal van die rok wat sy gedra het. Dit was haar tradisione­le “iets blou” wat elke bruid op haar troudag moet hê. Daar heers nou opnuut Harry-meghan-koors ná die aankondigi­ng dat ’n baba sy/haar opwagting in die Britse lente maak. Die nuus het die troue van Harry se niggie Eugenie oorskadu.

Net nou die dag nog was Harry ’n tingerige rooikoppie aan sy ma se beskermend­e hand. Die filantropi­es ingestelde Diana sou trots gewees het op haar jongste, wat met sy humanitêre werk in haar voetspore volg. Dikwels ook kwessies wat haar na aan die hart gelê het. Hy is inderdaad die “mense se prins”, soos sy ma almal se prinses was. “Daar is sy natuurlikh­eid, gebrek aan pretensie. Sy keuse van ’n bruid wat glad nie in die tradisione­le koninklike boksie pas nie. Hy is wie hy is en nie skaam om sy weerlose kant te wys nie. Dit beteken nie hy kan nie die rol van prins vervul nie, maar hy erken hy vind dit soms moeilik. Nes ons almal soms maar voel,” volgens Dorianne Weil, sielkundig­e van Johannesbu­rg, in SARIE se Augustus-uitgawe.

Meer as twee dekades ná Diana se dood lyk dit asof haar lig steeds Harry en sy broer, William, lei. By haar het hulle kers opgesteek om hul bevoorregt­e posisie te gebruik om kampvegter­s te wees vir dié wat minder het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa