Sarie

SUSTERS DOEN DIT VIR hulself Ek is trots om ’n vrou en feminis te wees

- Meghan, hertogin van Sussex

Wolke toe! Die SAL se eerste buitelands­e vlug met ’n span wat uit net vroue bestaan, het in Augustus koers gekies São Paulo, Brasilië, toe. Aan die stuur was kaptein Jane Trembath en eerste offisiere Asnath Mahapa en Annemarie Smit. Ook die grondtegni­ci en -personeel en kajuitbema­nning was vroue, berig www.iol.co.za. Hoog tyd! Geluk ook aan Donna Strickland van die Universite­it van Waterloo in Kanada, wat vanjaar ’n Nobelprys vir fisika ontvang het – net die derde vrou in die geskiedeni­s. Sy het gehelp om die lasertegno­logie te ontwikkel wat ons vandag vir van laserskand­eerders tot oogchirurg­ie gebruik. Marie Curie (1903) was die eerste ontvanger van die prys en Maria Goeppert-mayer (1963) die tweede.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa