Sarie

BAIE sport(s)

-

Nou ja, Novak Djokovic het ons hoop op ’n Grand Slam-titel verpletter toe hy Kevin Anderson in die Wimbledon-eindstryd in skoonstell­e geklop het. Kevin het drie plekke op die wêreldrang­lys geklim en was (’n rukkie) in die vyfde plek. (Met die ter perse gaan was hy no. 6.) Vir Raven Klaasen, wie se opmars na die Wimbledon-dubbelspel­titel vir mans met speelmaat Michael Venus in die eindstryd gestuit is, is daar ook drie hoera’s. En vir rolstoelka­mpioen Kgothatso Montjane wat in die halfeindro­nde teen Diede de Groot die aftog moes blaas. Sy is die eerste swart Suid-afrikaanse vrou wat aan die toernooi deelneem.

Gepraat van vroue wat grense aftakel. Nike het in hul “Just do it”veldtog ’n advertensi­e gemaak waarin Caster Semenya, Olimpiese gouemedalj­ewenner en wêreldkamp­ioen in die 800 m, vereer word. Daarin daag sy mense uit wat gal braak oor haar deelname aan vroueatlet­iek. Dis in minder as drie dae 3,8 miljoen keer op Youtube gekyk, berig Netwerk24. “Die afgelope tien jaar het sy rekords verbeter, 18 goue medaljes versamel en ’n nuwe generasie atlete geïnspiree­r om die beste te wees wat hulle kan – op en af van die baan,” sê Nike in ’n verklaring. Omstredenh­eid oor haar testostero­onvlakke volg Caster sedert sy in 2008 op 17 haar eerste goue medalje by die junior wêreldkamp­ioenskap gewen het. Sy het die video op sosiale media geplaas met die woorde: “Te vinnig? Jammer. Ek is gebore om dit te doen. #Justdoit”

Caster is vir die SA Sporttoeke­nnings in drie afdelings benoem: Sportvrou van die Jaar, Sportster van die Jaar en die People’s Choice-prys. Sy is ook benoem as die IAAF se Wêreld-vroueatlee­t van die Jaar. (Die wenners se name was nog nie bekend met die ter perse gaan nie.)

 ??  ?? Te vinnig? Jammer. Ek is gebore om dit te doen Caster Semenya
Te vinnig? Jammer. Ek is gebore om dit te doen Caster Semenya
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa