Sarie

OP NOSTALGIES­E NOOT

-

My my, how can we resist you . . . ABBA kielie weer die voete, met die opvolgpren­t Mamma Mia! Here We Go Again wat onlangs in teaters gedraai het. Dis veral die 72-jarige Cher, in die rol van Donna (Meryl Streep) se ma, wat ons monde laat oophang. Lede van ABBA het aan die BBC gesê Cher is “perfek” in die fliek en laat hul musiek soos haar eie klink. Ook dat “Fernando” nou háár liedjie is. Cher het intussen ’n album bekend gestel met treffers van dié Sweedse popgroep. Dit heet gepas Dancing Queen, want dié vrou kry nie end nie. ’n Nuwe geslag super troopers grawe nou Ma (en Ouma) se ou viniel-abbaplate uit – en hou partytjie dat die dakplate lig. Van oorwurms gepraat: Bohemian Rhapsody is ’n biografies­e fliek oor Queen wat vandeesmaa­nd plaaslik begin draai. Dis ’n viering van die Britse rockgroep, hul musiek en legendarie­se hoofsanger, Freddie Mercury. Met Rami Malek (TV se Mr. Robot) as Freddie. Wat ’n gedaanteve­rwisseling, gee die man ’n Oscar!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa