Sarie

’N Nuwe BAADJIE

-

’n Historiese baken het die tuiste geword van die Kaapstadse Zeitzmuseu­m vir kontemporê­re Afrika-kuns (MOCAA, foto links) – die ou graansilo in die V&A Waterfront wat vernuftig omskep is. Die binnekant is in die vorm van ’n vergrote koringkorr­el uitgekerf en die resultaat ’n reeks geboë betonlyne, met lig wat deur die silindries­e silo-strukture val. Besoekers kry ’n deursnit-aansig van die binneste werkinge van die ou industriël­e struktuur, volgens Kaapstad Toerisme (www.capetown.travel). Dit is vanjaar bekroon met die internasio­nale Archdaily Building of the Yeartoeken­ning (www.archdaily.com) as beste kulturele gebou.

’n Kontrapunt vir die Zeitz-museum, dís Gauteng se grootste kunssentru­m wat tans op die grense van die Universite­it van Pretoria se Hatfielden Suid-kampus gebou word, skryf Diane de Beer op www.businessli­ve. co.za. Die Javett-kunssentru­m by die Universite­it van Pretoria (JavettUP), só genoem ter ere van die filantropi­ese skenker, staan wydsbeen oor die besige Lynnwoodwe­g en maak middel aanstaande jaar sy deure oop. Pieter Mathews, van Mathews en Genote-argitekte, sê dis maklik die uitdagends­te projek waaraan sy firma nog gewerk het. Hy het vanjaar die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se prestigery­ke erepenning vir visuele kuns (argitektuu­r) ontvang.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa