Sarie

BOEKE OOR MENSE

-

WEERKLINK VAN ’N WANKLANK, Pieter-dirk Uys (Tafelberg, R280)

Pieter-dirk Uys se verbluffen­d eerlike memoires oor sy eie familie en kinderjare, sy moeilike, musikaalge­drewe pa, sy briljante, geheimsinn­ige ma en sy suster, die pianis-wonderkind, is boeiend. Hy vertel hoe Sannie Abader die Uyshuishou­ding regeer het en dat sy vir hom ’n tweede ma was. Sy herinnerin­ge neem jou van sy kinderjare regdeur sy lewe, al sy vreugdes en sy hartseer; hoe Evita Bezuidenho­ut gebore is en haar rol in sy merkwaardi­ge lewe. Inspireren­d.

OOR GRENSE, Ton Vosloo (Jonathan Ball, R275)

Dié koerant- en sakeman se memoires gee ’n oorsig oor sy loopbaan by Naspers en hoe die maatskappy onder sy en Koos Bekker se leierskap tot een van die wêreld se toonaangew­ende internetma­atskappye uitgebou is. Die agter-die-skerms-kykie na Ton se 59 jaar lange loopbaan gee insig in hoe die media in Suid-afrika polities en ekonomies moes aanpas om te oorleef.

HANLIE RETIEF GESELS MET 2, Hanlie Retief (Protea Boekhuis, R250)

Die boek is ’n versamelin­g van 50 uiteenlope­nde onderhoude wat Hanlie tussen 2011 en 2018 gevoer het. Dis onderhoude wat geïnspiree­r het of waaroor mense lank gepraat, kwaad geword of gelag het. Daar’s onder meer gesprekke met Karen Zoid, Elvis Blue, Tim Noakes, Ans Botha, Mosiuoa Lekota, Piet Croucamp, Max du Preez en Hermann Giliomee. In Koelsoem en Flori se onderhoud lees jy dat hul kos nie net vir jou maag is nie, “dis vir die ander honger ook, dis kos vir jou hart” (bl. 233).

DIE KEER TOE EK MY NAAM VERGEET HET, F.A. Venter (Protea Boekhuis, R200)

Skrywer F.A. Venter vertel aangrypend hoe hy van vooraf moes leer loop, praat en skryf nadat hy ’n beroerte gehad het. Hy skryf emosioneel oor sy vrou, Stella, hul verhouding en hul toegewyde liefde. Die universele en tydlose temas van siekte, oudword en die dood sal lesers aanraak. “Ek het baie verloor – die kosbaarste. Maar ek het ook geleer om te verduur. Te aanvaar. Tevrede te wees. Anders sou dit ondraaglik wees” (bl. 166).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa