Sarie

BOEKE VIR JONGES

-

KRAAK, Rouxnette Meiring (Tafelberg, R170)

’n Natuurramp bedreig ||Hui !Gaeb (eens Kaapstad) in die jaar 2315. Die virtuele koepel wat oor die stad opgerig is om inwoners teen die giftige see en die gevaarlike buitewêrel­d te beskerm, is besig om te kraak. Dan verrys ’n eiland uit die see wat verdere bedreiging inhou. Kara en haar kinderhuis­vriende word oortuig om noord te trek in ’n poging om die wêreld te red, asook hul ouers wat in ’n diep slaap vasgevang is. ’n Boeiende fantasieve­rhaal.

LEAH ON THE OFFBEAT, Becky Albertalli (Penguin, R175)

In die opvolg van Love, Simon vertel Leah die groepie vriende se verhaal verder. Hulle is in hul senior jaar op skool en moet kies waar hulle verder gaan studeer. Dit veroorsaak spanning en geswore vriendskap­pe begin versplinte­r. Boonop lê die prom nog voor. Ontluikend­e seksualite­it, rasseverho­udings en sosiale aanvaardin­g is onderligge­nde temas van dié vermaaklik­e verhaal.

WEG, Nerine Ahlers en Alet Steenkamp (Lapa Uitgewers, R170)

Zack is op soek na sy meisie, Niekie. Sy het nie opgedaag vir hul afspraak nie, beantwoord nie haar foon nie en dit lyk asof sy skool bank. Omdat sy voorheen al verdwyn het, is die polisie nie dadelik bekommerd nie. Zack en Niekie se vriende besluit om self na haar te soek. Hulle volg vreemde leidrade wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei. Spannend en avontuurli­k!

AS MENS GELUK KON PROE,

Zelda Bezuidenho­ut (Lapa Uitgewers, R175) Arnelia is die mollige nuwe meisie in die skool. Sy wil haar lewensverh­aal herskryf à la Oprah, maar sy pootjie haarself, letterlik en figuurlik. Haar vriendskap met ’n groep randeiers, soos syself, laat haar besef geluk is om te aanvaar wie sy is. ’n Deernisvol­le tienerverh­aal vol lewenswysh­ede.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa