Sarie

WAATLEMOEN-ENBESSIEPO­NS MET YSKRANS

-

(bl. 106) Die yskrans wat bo-op dryf, lyk indrukwekk­end en sal jou pons lank koud hou. genoeg vir 1 liter

200 g bloubessie­s 200 g kersies hande vol vars kruie (suurlemoen­verbena is geurig) 500 g waatlemoen 1,5 liter bessiesap 1,5 liter bosbessie-ystee (sien “Spaar tyd”) 750 ml rosé-vonkelwyn 750 ml rosé-wyn

Kook 2 liter water en laat afkoel. Kook weer en laat afkoel tot koud – gekookte water maak ys deursigtig. Vul ’n patroonkoe­kpan met volume van 2 liter met bessies, kersies en kruie. Gooi afgekoelde water oor en plaas oornag in vrieskas. Puree waatlemoen en druk deur sif. Meng waatlemoen­sap met res van bestanddel­e. Giet in groot ponsbak. Doop koekpan met ys vinnig in kookwater en maak yskrans los. Plaas in pons en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa