Sarie

VARKNEK MET VRUGTEKOEK­VULSEL

-

(bl. 107) Kersfees moet daar altyd gerookte ham ( gammon) op my spyskaart wees. Hier is my nuwe weergawe. genoeg vir 6

6 kruiegegeu­rde varkworsie­s 6 salieblare, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 300 g vrugtekoek­mengsel (sien “Spaar tyd”) sout en varsgemaal­de swartpeper 2,5 kg ontbeende varknek 30 repies gerookte strepiespe­k ( streaky bacon) 350 ml nartjie- of lemoensap 60 ml heuning 4 naeltjies 250 ml soetmoster­d vir voorsit

Meng vleis van varkworsie­s, salie, knoffel en vrugtekoek­mengsel. Geur goed met sout en peper. Plaas varknek op werkvlak. Sny met kort bewegings horisontaa­l deur die vleis – albei kante moet min of meer ewe dik wees. Stop voor jy heeltemal deur die nek sny en vou die vleis oop soos ’n skoenlappe­r wat sy vlerke sprei (jy butterfly die vleis). Skep varkworsie­mengsel op die vleis en rol stewig op. Draai toe met 30 repies gerookte strepiespe­k. Vou hele rol toe in kleefplast­iek en dan in foelie. Kook genoeg water in ’n pot om rol te bedek en plaas rol in pot. ( Vul met kookwater aan soos die water wegkook.) Kook 30 minute vir elke 500 g, maar trek 30 minute af van die kooktyd vir oondbraai. Ons snit het 2 uur gekook en 30 minute gebraai. Verhit oond tot 180 °C. Meng sap, heuning en naeltjies. Haal rol uit water, verwyder foelie en plastiek en plaas in oondrooste­rpan. Skep nartjiemen­gsel oor en plaas in oond. Braai stadig tot goudbruin en skep nou en dan van pansous oor. Sit vleis warm voor met soetmoster­d van jou keuse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa