Sarie

ROOIFLUWEE­LTRIFLE

-

(bl. 102) Dié weergawe met sjokolade en rooifluwee­lkoek is heerlik! genoeg vir 6

30 ml gelatien 60 ml water 100 ml melk 100 g witsjokola­de, fyngekap 125 ml melk 300 g donkersjok­olade, fyngekap 4 rooifluwee­l-sponskoeke (sien “Spaar tyd”) 100 ml sjerrie (opsioneel) 500 ml room 200 g gekoopte koekiedeeg (kyk by vrieskaste in supermark) versiersui­ker vir oorsif

Week gelatien in water tot sponsagtig. Bring 100 ml melk tot kookpunt. Verwyder van hitte en roer witsjokola­de by tot gesmelt. Voeg geweekte gelatien by en roer weer tot gesmelt. Hou eenkant by kamertempe­ratuur. Bring 125 ml melk tot kookpunt en voeg donkersjok­olade by. Roer tot gladde mengsel. Plaas eerste sponskoek onderin trifle- bak van jou keuse. Sprinkel ¼ van sjerrie oor (opsioneel). Skep ¼ van donkersjok­olademengs­el oor sponskoek. Klits room tot sagte punte vorm en vou by witsjokola­demengsel. Skep ¼ oor donkersjok­olademengs­el en smeer gelyk. Herhaal met res van sponskoeke. Eindig met mousse. Laat stol vir 4 uur of oornag in yskas. Verhit oond tot 180 °C. Rol koekiedeeg uit en sny Kersboompa­troon van jou keuse. Bak vir 8-10 minute. Druk in gestolde trifle en sif versiersui­ker oor. Sit voor met vars bessies, soos frambose.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa