Sarie

GOUD OP JOU FEESTAFEL

-

Fat Bastard Wyne vier vanjaar hul 21ste bestaansja­ar en hierdie spesiale chenin blanc is die kroon van die viering. Gebruik dit in dié perskes met soetwyn as heerlike nagereg.

Plaas 200 g (250 ml) suiker en 500 ml Fat Bastard Chenin Blanc in ’n middelslag-pot en bring tot kookpunt. Voeg 5 ml vanieljege­ursel by. Halveer 6 geelperske­s en plaas in stroop. Verlaag hitte en laat stadig prut tot perskes sag is, maar nie pap nie. Laat afkoel tot koud in stroop. Kook water in ’n pot waarop ’n glasbak stewig pas sonder dat die bodem aan die water raak. Sit 4 eiergele, 125 ml muskadel en 50 g strooisuik­er in die glasbak. Plaas op pot en verlaag hitte tot net onder kookpunt. Gebruik elektriese handklitse­r en klits mengsel vir 5 minute by hoë spoed tot lig en skuimerig. Verwyder bak van hitte en hou aan klits tot mengsel koud is. Plaas perskes in opdienbak en skep skuimsous oor. Brand bruin met kombuisbla­asvlam en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa