Sarie

REGTE BOOM VOL STERRE

-

’n Vars boom gee altyd ’n spesiale atmosfeer en “ruik na Kersfees”. Hou dit vanjaar eenvoudig en versier met stringe sterretjie­s en ’n reuse-ster van stokke wat jy self maak. Koop of pons klein papierster­re uit gewone wit papier. Plak dit dan op hekeldraad vas om hierdie stringe te maak. Vyf bamboeslot­e, of enige ander stokke, selfs tappenne ( dowels), kan vir die ster gebruik word. Lê die stokke op die grond neer en vorm die ster. Gebruik ’n gomgeweer om die punte en waar takke kruis in posisie te hou. Draai punte stewig vas met dun draad wanneer die gom droog is. Die mandjie (R595) en sytafels (R2 995 vir 3) is van Loft Living.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa