Sarie

HOU SÓ VAKANSIE IN VREDE

-

Hoewel elke paartjie se uitdagings uniek is, kan dié wenke van Anerene en Carol help om jul verhouding oor die vakansiety­d gesond te hou: Maak tyd vir mekaar. Jy dink dalk ’n vakansie beteken julle gaan meer tyd saam deurbring, maar dikwels is daar baie ander verpligtin­ge om na te kom. Maak dus ’n afspraak om minstens een maal per week ’n aand saam deur te bring – sonder familie en vriende. “Maak dit eintlik sommer ’n Nuwejaarsv­oorneme om elke week ’n date night te hê. Dis belangrik om jul band te versterk,” sê Anerene.

Moenie mekaar blameer nie. Dis nie altyd jou maat se skuld as dinge skeefloop nie – hy is dalk net ’n maklike teiken vir jou woede. Wees ook bewus van jou gedagtes, al sê jy dit nie hardop nie. As jy aanhoudend jou maat stil-stil blameer en niks sê nie, kan wrokkighei­d maklik ontstaan.

Skep jul eie tradisies. Dis moeilik as jy weet jy gaan jou ouers teleurstel deur nie te doen wat jul familie al jare lank doen nie, maar jy is jou eie mens en het nou jou eie “nuwe” familie. Gaan ’n kompromie aan deur sommige dinge nog saam met jul onderskeie families te doen, maar doen ook sommige dinge soos júlle wil.

Maak albei opoffering­s. Die doel is om albei, saam, die vakansie te geniet. As hy nie met vreemdelin­ge wil gesels nie, ry eerder as om te vlieg. Wil sy geld spaar, gaan kampeer eerder as om in ’n lodge te bly. Maak ’n plan waar albei van julle die vakansie kan geniet.

Moenie alles persoonlik opneem nie. Dis iets wat jy maklik doen as die irritasiev­lakke hoog loop. As hy sê die kinders is stout, bedoel hy nie jy’s ’n slegte ma nie. As sy sê jy moenie vergeet om die hond te voer nie, bedoel sy nie jy’s onverantwo­ordelik nie.

Wees geduldig met familieled­e. Onthou dat jul ouers begin ouer word en dalk alleen voel – hulle sien waarskynli­k uit na Kerstyd. Fokus op dít waarvoor jy dankbaar is: die feit dat jy ’n uitgebreid­e familie het, genoeg geld het om die feestyd te vier, of dat

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa