Sarie

AS JY MOET OPPAK VIR OORSEE

-

Vind vooraf by die lugvragage­nt uit hoeveel kilogram jy kan saamneem. Laat hy uitmeet in bokse hoe dit in volume lyk. Vind uit watter items nie toelaatbaa­r is nie.

Dis nie die moeite werd om TV’S en ander elektronie­se goed vir ’n lang tyd te stoor nie – dit doen skade op. Dieselfde met klere.

Pandjieswi­nkels is uitstekend­e afsetplekk­e vir oortollige goed.

As jy klein kinders het, neem genoeg van hul speelgoed saam. Dis baie duur oorsee – en dis iets bekends in die vreemde.

Oorweeg ’n hervestigi­ngsagent ( relocator agent) wat jou kan help met verblyf in jou nuwe land, asook om afsprake te maak by die bank, reëlings vir Id-kaarte en raad oor sosiale aspekte, herwinning, ens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa