Sarie

Muistepelt­jie? ONTSPAN . . .

-

Somer, son . . . wees waaksaam vir tekens van velkanker. Maar hiéraan hoef jy jou nie te steur nie: ’n klein muistepel ( skin tag) – of ’n hele paar. Dis skadeloos, niekankera­gtig en vergroot dus nie jou risiko vir enige soort kanker nie. Dis gewoonlik ovaal velweefsel wat aan ’n klein stingel hang, alleen of in ’n groep. En so groot soos ’n ryskorrel, maar dit kan ook groter of kleiner wees. Dit kan letterlik op enige plek op jou lyf voorkom, maar gewoonlik op dele met voue – soos jou ooglede, nek of armholtes. Die helfte van ons sal een of ander tyd van ons lewe een hê. Bron: webmd.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa