Sarie

Slanker met SARIE

Dis ’n nuwe jaar en wat is beter as om 2019 tiptop en met hope energie aan te durf? Trek jou tekkies aan en verslank saam met SARIE – alles in die gemak van jou eie huis

-

Onsalmal het ons redes. Of dit nou ter wille van jou gesondheid is, ’n troue wat voorlê, ’n skoolreüni­e wat om die draai is of die wens om weer in jou gunsteling-jeans te pas – saam met SARIE kan jy hierdie doelwit aanpak en bereik.

Op ons nuwe webtuiste Slanker met SARIE kry jy gesonde eet- en oefenplann­e, ontwerp deur kenners om jou lyf in die beste toestand nog te kry. Dit sluit in vetverbran­dende, funksionel­e tuisoefeni­nge, bekostigba­re wetenskapl­ike eetplanne en ondersteun­ing van ander vroue in die Slanker met Sarie-gemeenskap op pad na die wenstreep.

Die oomblik dat jy inteken, kry jy toegang tot die hele Slanker met SARIE-PLAN, wat jy van jou rekenaar of enige mobiele toestel met internetto­egang af kan oopmaak, sonder dat dit nodig is om ’n app af te laai. Begin eenvoudig by Week 1, Dag 1 en volg die plan daagliks – alles in die gerief van jou eie huis!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa