Sarie

Julle sê

JY’S MEER AS GOED GENOEG

- MADELEINE PRETORIUS, DURBANVILL­E INSPIRASIE VAN DIE MAAND

Gisteraand het my hart effens gepyn . . . Goed, baie gepyn. Ons het ons eerste laerskool-prysuitdel­ing bygewoon, waar ’n magdom pryse uitgedeel is vir akademie, sport en kultuur. Ek onderskat geensins die harde werk, deursettin­gvermoë en tyd wat dit verg nie. En dis nie suur druiwe nie, want ons eie spruit het ook ’n paar pryse gewen met ’n bietjie harde werk en sy kunstalent wat ons hierdie jaar verras het.

Dit het my egter begin pla dat ek enigsins sou omgee wat die ouers langs ons sou dink as hy net een, of selfs geen prys kry nie. Ek skaam my sommer vir myself! Hoe word ’n mens so maklik in dié wêreld ingetrek? Ek kon “hoor” hoe die koppe om my in overdrive gaan. Skielik sien jy die kinders met ander oë. Sjoe, nie geweet daardie een is so slim nie? Gaan hy nie eers een prys kry nie? Wow, Pietie is goed in alles! My hart het gepyn vir elke onskuldige gesiggie op die verhoog, veral die wat teen die einde van die aand besef het dis nou game on!

Ek dink al heeldag hoe trots ons seun aan die begin van die aand was, en hoe die wind later uit sy seile was toe hy sien hoeveel pryse van sy maats gekry het. Ek en sy pa het self begin konkel oor hoe ons ons seun moet laat besef dat hy harder moet werk . . . Sies! Ons sukkel ook maar soos meeste ouers.

Die lewe is nie regverdig nie, en soms erg wreed. Elkeen van ons kry verskillen­de talente. Harde werk, dissipline en sweet sal jou ver bring, maar die vergelykin­g-ding kry my onder. Ons is tog gemaak om verskillen­d te wees? Ons moet elke dag ons kind help besef dat hy uniek en spesiaal is.

Verbeel jou Jesus het op die verhoog krone uitgedeel vir omgee-hartjies, nederighei­d, goeie sportmange­es, dapperheid, vir hard probeer, vir geduld, selfbeheer­sing en vriendelik­heid. Sou jou kind ’n kroon kry? Hou sommer vanaand jul eie prysuitdel­ing en prys jou kind vir hierdie dinge. Druk hom styf vas en verseker hom: Jy is meer as goed genoeg!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa