Sarie

Nuut

- DEUR SUANNÉ MULDER

L’oréal Paris Paradise Extatic Primer (R180, FOTO), Mascara en Waterproof Mascara (R200 elk)

Dié nuwe maskara-reeks beloof om jou wimpers lengte én volume te gee. Wend eers die basislaag met jojoba-olie en seramiede aan om jou wimpers te voed en verdik. Kies daarna tussen ’n gewone of waterbesta­nde maskara-formule wat met kasterolie verryk is om die wimpers sag te laat en klonte te voorkom.

Dermalogic­a Rapid Reveal Peel (R1 495 vir 10 buisies)

Afskilferi­ngsprodukt­e met kragtige sure om soortgelyk­e resultate as dié van ’n sagte chemiese afskilferi­ngsbehande­ling ( peel) tuis te lewer, is tans baie gewild. Dié splinternu­we produk van Dermalogic­a bevat ’n supergekon­sentreerde mengsel van alfahidrok­sisure en plantensie­me wat die selle op jou veloppervl­ak oplos vir ’n helderder gelaat. Masseer weekliks die inhoud van een buisie liggies oor jou gesig-, nek- en borsarea en spoel ná sewe minute af.

Nivea Daily Essentials 1 Minute Urban Detox Mask Pore Refine of Moisturise (R100 elk)

In ons era van kitsbevred­iging is daar min produkte wat so goed soos ’n gesigmaske­r vir jou vel werk. Met die twee maskers in Nivea se Urban Detox-reeks is net ’n minuut nodig om jou vel intens op te plomp of porieë kleiner te laat lyk. Kies die Moisturise-masker met groentee en hialuronsu­ur as jou vel vaal en gedehidree­r is en die Pore Refine-masker wat onsuiwerhe­de uit jou porieë verwyder sodat dit minder sigbaar is.

Oscar de la Renta Bella Blanca (R995 vir 100 ml EDP)

Dié geur bring hulde aan wit blomme en spog met die sagte note van freesia, lelie, wit roos en jasmyn. Saam met romerige sandelhout en muskus in die basis is dit ’n heerlike soet geur vir die somer. By Dis-chem

Essence Insta Perfect Liquid Make Up (R100)

Gedurende die somermaand­e is onderlae met ’n matafwerki­ng gewild omdat dit help om oortollige olierighei­d op jou vel as gevolg van hitte en humiditeit te absorbeer. Dié een met sy vloeibare formule het ’n ligte tekstuur en is ook waterbesta­nd. Dit kom in ’n drupbottel sodat jy die lae kan opbou na gelang van hoeveel bedekking jy verkies, en maklik skakerings kan meng vir jou perfekte onderlaagk­leur.

Solal Hand & Neck Serum (R289)

Wanneer dit kom by gereelde velsorg, is ons geneig om ons nek en hande af te skeep. Dikwels is die eerste tekens van verouderin­g, soos fyn lyntjies en sonvlekke, juis op dié dele sigbaar. Dié serum bevat retinol en vitamien C in mikrokapsu­les om te verseker dat die kragtige teenveroud­eringsbest­anddele – wat soms jou vel droog en styf kan laat voel – geleidelik vrygestel word. Dit keer dat die dun vel van jou hande en nek geïrriteer word. By Dis-chem, Wellness Warehouse en uitsoektak­ke van Edgars

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa