Sarie

Gesig van die maand: Grace Elizabeth

- – Suanné Mulder

Sy is nog net drie jaar in die bedryf, maar die 21-jarige Amerikaner Grace Elizabeth het reeds supermodel­status. In 2016, kort ná haar eerste draai op die loopplank vir die Italiaanse modehuis Miu Miu, maak sy haar debuut as Victoria’s Secretmode­l en word ambassadeu­r vir hul “jonger” onderklere­lyn PINK. Sedertdien is sy nie net ’n gereelde gesig by groot modeverton­ings van Dolce & Gabbana, Moschino en Chanel nie, maar ook ’n liefling van

Vogue met ’n rits internasio­nale voorblaaie agter haar naam. Toe, verlede jaar, is sy as gesig van Estée Lauder aangewys. In die advertensi­eveldtog vir dié gesogte skoonheids­huis se nuwe parfuum vir bruide, Beautiful Belle, is sy die toonbeeld van ’n sprankelen­de moderne bruid wat nie bang is om te waag nie. Oor haar nuwe rol sê sy: “Die Estée-vrou is alles waarna ek strewe: sy het selfvertro­ue en skoonheid; sy’s dapper, sterk en ’n entreprene­ur.” Nes dié model van die oomblik.

 ?? FOTO VERSKAF DEUR ESTÉE LAUDER ??
FOTO VERSKAF DEUR ESTÉE LAUDER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa