Laas­te sê deur Ri­a­na S­chee­pers

Sarie - - Januarie Inhoud - RI­A­NA S­CHEE­PERS

Ek het nog nooit e­ni­ge erg ge­had aan ’n ge­vrek­te mens nie. Ek hou van men­se, en van baie soor­te men­se, maar ver­ge­we my, daar is een soort we­se op die aard­bol wat ek nie kan ver­duur nie. Men­se wat so heer­lik ge­luk­kig leef met ’n uit­set van e­ner­gie min­der as dié van ’n a­moe­ba. Ja, daar ís sul­ke men­se, hul­le wat dit as ’n be­le­di­ging be­skou om ’n oor­spronk­li­ke ge­dag­te te be­dink.

’n Suur­stof­dief, dit het my ou­ma só ’n le­wen­de dooie ge­noem. Ge­son­de, ta­lent­vol­le men­se, maar siel­sa­lig ge­vrek. En siel­sa­lig ge­luk­kig met hul a­moe­bie­se leef­styl.

Die teen­oor­ge­stel­de in­ge­steld­heid is die­ge­ne wat net nooit te­vre­de is met dit wat hul­le doen en be­reik nie. Per­fek­si­o­nis­te, im­mer aan die woel, maar nooit ge­luk­kig nie.

Per­fek­si­o­nis­te is ’n spe­sie van hul eie, met ei­e­soor­ti­ge kom­plek­se en din­ge, maar met hul­le kan ek nog­al saam­leef. Dit is im­mers lief­lik en lof­lik om te streef na voor­tref­lik­heid. En dit is pre­sies wat ons doen met die aan­koms van ’n nuwe jaar. Ons stel mik­pun­te en uit­da­gings en maak ’n lys van din­ge in ons lewe wat moet ver­be­ter. Een van my – baie min – Nu­we­jaars­voor­ne­mens is om te vlug as ek te doen kry met ’n le­wen­de dooie mens. Hul­le het die uit­son­der­li­ke ver­moë om jóú e­ner­gie te steel.

Voor­tref­lik en per­fek is won­der­lik, maar hoe meer ek van die lewe sien, hoe meer be­sef ek dat “per­fek” nie nood­wen­dig lê in die bes­te, of die voor­tref­lik­ste, die mooi­ste nie.

Ons kan al­tyd leer by oer­oue be­ska­wings, hier­die keer by die Ja­pan­ne­se. Hul­le wat die sen­si­ti­wi­teit, eer­lik­heid en waag­moed ge­had het om te be­sef dat daar skoon­heid in ge­bro­ken­heid is. Hul­le het dit tot ’n ver­bys­te­ren­de kuns­vorm ont­wik­kel. Dit word ge­noem kint­su­gi, of kint­su­ku­roi, die kuns van lief­li­ke lit­te­kens.

Dit het glo al­les be­gin in die vyf­tien­de eeu, by die Ja­pan­ne­se heer­ser Jo­sji­ma­sa wat sy guns­te­ling-tee­kop­pie ge­breek het. Hy het dit na C­hi­ne­se vak­man­ne ge­stuur om te laat her­stel, maar die po­ging was nie suk­ses­vol nie. Ja­pan­ne­se vak­man­ne was ver­baas oor Jo­sji­ma­sa se hard­nek­ki­ge be­sluit dat ’n ne­de­ri­ge tee­kop­pie her­stel moet word. Waar­om nie maar net ’n an­der een kry nie? Maak reg, het die heer­ser be­veel. Dan moet dit ’n ju­weel word, het die vak­man­ne be­sluit, en die kra­ke ge­vul met hars en poei­er­goud. ’n Ge­breek­te tee­kop­pie het ’n kuns­werk ge­word. Meer waar­de­vol as te­vo­re, ’n ob­jek met ka­rak­ter, ’n ding met ’n sto­rie. Die lit­te­kens het lief­lik ge­word.

’n Ou­li­ke mei­sie­kind in my fa­mi­lie is ’n voor­tref­li­ke per­de­rui­ter. Al­mal in ons fa­mi­lie is gaan­de oor per­de, maar an­ders as ons wat soos ge­wo­ne plaas­kin­ders son­der saal en toom ge­ry het, wild soos Vi­kings oor die vlak­tes ge­jaag en ons ma­le son­der tal te plet­ter ge­val het, is hier­die jong vrou ’n ge­raf­fi­neer­de rui­ter. Sy kan van haar rui­ter­kuns ’n be­roep maak, as sy wil. Maar toe ge­beur die lewe. Sy val óók, en dit boon­op kort voor ’n be­lang­ri­ke kam­pi­oen­skap. Frats­on­ge­luk­ke is pre­sies dit wat dit is, ’n on­ge­wo­ne sa­me­loop van om­stan­dig­he­de. Sy is nie erns­tig be­seer nie, maar sy moet die mid­del­ste toon­tjie van haar voet laat af­sit. Sy ver­beur haar deel­na­me aan die by­een­koms. Haar hart is ge­breek. Maar as jy glo aan die be­gin­sel van kint­su­ku­roi, want dit is ’n le­wens­be­gin­sel ook, dan ge­beur won­der­wer­ke.

’n Kort ruk­kie ná die on­ge­luk koop haar pa ’n perd. Hoe­kom hy dit doen, kan hy­self nie ver­klaar nie, want die perd het net een oog. Dit is nie ’n perd wat ooit in die a­re­na sal pres­teer nie. Boon­op is dit ’n skuins be­neuk­te der­dui­wel wat nie­mand na­by hom toe­laat nie. Tot­dat hy vir Lie­ne­ke ont­moet. Die ver­skrik­li­ke perd ver­loor sy hart op die mei­sie­kind met die stuk­ken­de voet. Sy raak ver­lief op hom. Die een­oog en die af­toon word on­af­skei­baar. Hul­le heg met ’n goud­stof wat on­breek­baar word. En teen al­le voor­spel­lings in, wen hul­le kom­pe­ti­sie ná kom­pe­ti­sie.

My an­der Nu­we­jaars­voor­ne­me? Om my nie so te ver­knies oor al my kra­ke nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.