Sarie

Egpaar se reis van hul lewe

As jy op 50-plus jou werk bedank, huis oppak, rekeninge sluit, en elk met ’n rugsak en eenrigting­kaartjie na die Ooste vertrek, is avontuur en vele lewensinsi­gte gewaarborg, het Pierré en Sugnét Smit van Swakopmund ontdek

- DEUR SUZETTE TRUTER

Dis nag. Die see is onstuimig, die deinings groot en die boot “baie basies”. Pierré en Sugnét Smit, onderweg na die Komodo- en Flores-eilande in Indonesië om drake te sien, klou aan vensterram­e, aan mekaar, aan enigiets wat voorkom . . . En toe uiteindeli­k, ’n bietjie slaap. Tot Pierré tweeuur in die nag wakker skrik – op die vloer in die gang. Hy is dwarsdeur die laaghout-muur van hul kajuit geslinger.

Die volgende oggend het ons lekker gelag, vertel Sugnét. “Ek het in die nag regtig gedink ek gaan hom oorboord verloor. Maar die bemanning het gekom en die gat toegeplak en oorgeverf, asof niks gebeur het nie!” >

< Maak nie saak wat in al hul omswerwing­e oor hul pad gekom het nie – of dit nou nasi goreng (’n Indonesies­e rysgereg) in sy soveelste gedaante is of “liederlik verdwaal in China se Tianzishan­berge” – dié egpaar vat dit soos dit kom. As jy die dag die sprong neem en jou werk bedank, huis oppak, rekeninge sluit en met twee rugsakke en eenrigting­kaartjies na die Ooste vertrek, ís jy gereed vir avontuur.

Pierré was ’n landskapse­koloog by ’n uraanmyn op Swakopmund toe hy einde 2016 besef dat sy siel “’n moeisame dood sterf ” in ’n korporatie­we loopbaan wat hom in ’n dodelike roetine en eindelose vergaderin­gs vashou. Hy móés bedank.

Toe begin hulle praat oor sy doodloopst­raat. En oor reis terwyl hulle nog gesond en fiks is – “voor knievervan­gings”. Dit sou ook sommer die ideale manier wees om dertig jaar se gelukkige huweliksja­re én die lewe te vier.

Sugnét, ’n kommunikas­ie- en gemeenskap­spesialis by ’n Franse myngroep, het haar werk geniet, maar as iemand wat hou van opwinding en veranderin­g, was dit nie vir haar moeilik om in te stem nie.

“Die ‘ ja’ vir ons avontuur was vir my ’n belangrike, persoonlik­e commitment – ook in minder lekker omstandigh­ede.” (Sy is “nogals gesteld” op ’n skoon badkamer en moes haarself soms herinner aan dié kort woordjie. In Maleisië, byvoorbeel­d, is ’n badkamer partykeer net ’n nat hok met ’n toilet en stort wat “onnodig naby mekaar” aangelê is.)

Ná ’n paar maande se kuier by familie en vriende in Kaapstad, het die twee in April 2017 vanuit Kaapstad vertrek.

“Toe die vliegtuig opstyg, het ons gedink aan hoe my pa sy armoede as ’n jong boer beskryf het,” sê Pierré: “‘As ons nou in ’n boom klim, het ons niks op aarde nie.’ Twee rugsakke, twee dagsakkies en verder mekaar se onbeperkte geselskap. Bevrydend.”

Hul eerste stop was Sjanghai, China, waar hul seun Willem reeds sedert September 2016 klas gegee het. Hulle het gou tuis gevoel omdat hy hulle kon touwys maak oor al die stelsels wat in plek is om duisende mense per dag te hanteer.

Pierré en Sugnét was voorheen vir kort besoeke in die Ooste, maar wou meer sien. Hulle het navorsing oor koste en verblyf gedoen, maar nie veel oor besienswaa­rdighede nie. “Ons wou die lande erváár, eerder as om highlight hopping te doen.”

Die twee was ’n jaar weg van die huis. Uiteindeli­k het hulle sowat agt maande in China, Maleisië, die Filippyne en Indonesië getoer, maar hul reisplanne kortgeknip toe Pierré se bejaarde pa

skielik vinnig agteruit gegaan het. Gelukkig kon hulle die laaste paar maande voor sy dood by hom in SuidAfrika deurbring.

Dié twee het geen vaste skedule gehad nie. As hulle van ’n plek gehou het, het hulle aangebly. Klein goedjies het hul hoogtepunt­e bepaal – heerlike kos (veral vars vis, te kies en te keur in Indonesië), lieflike snorkeltoe­stande (soos die Perhentian-eilande in Maleisië waarvan min toeriste weet), ’n knus blyplek (“China het ons omtrent verras met hul hostelle se skoon wit lakens”) en kulturele oorweldigi­ng . . .

Vir Sugnét is hul gedeelde nuuskierig­heid, die opwinding van ontdekking en humor die lekkerste van so saam reis. Soos Pierré sê: “Ons lag baie vir mekaar en vir onsself. Reis laat ons lag. Dis dikwels die oomblikke wat jy onthou.”

Soos toe Duckelina in hul lewe gekom het. Op ’n straatmark in Hangzhou is hy uitgedaag om met ’n bal na teikens te gooi. Sy prys, ’n geel speelgoede­end, reis nou altyd saam en

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KLOKSGEWYS Die Tianmenber­gpas van 11 km met 99 draaie. • China se Groot Muur. • Op pad na die Komodo-eilande. • Pierré en Duckelina kyk uit oor die Tianziberg­e, fliekinspi­rasie vir die Avatar- landskappe.
KLOKSGEWYS Die Tianmenber­gpas van 11 km met 99 draaie. • China se Groot Muur. • Op pad na die Komodo-eilande. • Pierré en Duckelina kyk uit oor die Tianziberg­e, fliekinspi­rasie vir die Avatar- landskappe.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa