Sarie

Hallo keto, tatta banting

Die nuutste dieet-gier fokus op baie vet en min koolhidrat­e. Daai een het ons al gehoor. Die ketogene dieet, soos wat akteur Armand Aucamp volg, is nóg meer ekstreem as bant, maar dit het sy plek

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

In Woody Allen se fliek Sleeper (1973) word ’n man 200 jaar die toekoms in wakker. Die wetenskap het intussen bevind hoëvet-kosse is gesond.

Hoor ek jou sê Tim Noakes en die Banting-dieet?

Dekades lank was laevet-diëte mos die towerwoord vir ’n gesonde leefstyl en gewigsverl­ies. Die motto: Botter is uit. Harde, geel kaas . . . uit. ’n Vetterige tjoppie . . . uit!

Dis grootliks danksy die wêreldbeke­nde sportweten­skaplike prof. Noakes dat Suid-afrikaners bewus geword het van ’n groter debat wat aan die gang is. Dit ís so dat baie van ons gewigs- en gesondheid­sprobleme voor verfynde koolhidrat­e (stysel en suiker) se deur gelê moet word. ’n Laekoolhid­raat-hoëvetdiee­t (LKHV) kan selfs vir sekere mense gesondheid­svoordele inhou, om nie te praat van gewig wat afrol nie.

Die bant- manie het intussen grootliks sy loop geneem en dit wil voorkom asof nog net die gehardste dissipels steeds daardie trom slaan. ’n Meer ekstreme vorm daarvan is egter tans baie trendy: Die ketogene dieet, of “keto”. Die mooie akteur Armand Aucamp eet reeds die afgelope sowat drie jaar só. Dit het hom genoop om self ’n voorskoot aan te sit en pas het sy kookboek by Lapa verskyn: Armand kook kaal. Kaal kós, gehoor, onverfyn, ongeproses­seer . . . soos dit in die natuur voorkom. “Ek hou van treats, brood, muffins, sulke goeters. En omdat ek stysel met alternatie­we bestanddel­e moet vervang, het ek my eie begin bak.”

Keto, verduideli­k hy, is soos bant, maar jy eet nog minder koolhidrat­e. “Die deursneeme­ns eet sowat 200-300 g koolhidrat­e per dag, as jy bant is dit sowat 50 g. Ek? Sowat 20 g. Ek eet baie en ken nie iets soos klein porsies nie.”

Dis ’n ingewikkel­de metabolies­e proses, maar baie vereenvoud­ig kom dit daarop neer dat ’n ekstreme laekoolhid­raat-hoëvetdiee­t die manier verander waarop die liggaam energie verbruik. Koolhidrat­e is ’n belangrike bron van energie – veral vir die brein. As die liggaam nie genoeg energie uit koolhidrat­e kry nie, “stroop” dit ander bronne, soos opgegaarde liggaamsve­t. Die afbreekpro­dukte van vetverbran­ding – chemiese stowwe genaamd ketone – word dan gevorm. Ketone in die bloedstroo­m is dus ’n aanduiding dat jou liggaam vet vir energie gebruik.

“Het jy al ooit daardie slegte smaak in jou mond gehad as jy baie min geëet het en bekommerd is jou asem ruik bietjie suur? Dit is wanneer jou liggaam ‘oorgeskake­l’ het en in ’n toestand van ketose is,” verduideli­k Mariza van Zyl, geregistre­erde dieetkundi­ge van die Paarl, in Dik vir Dieet (Naledi, 2015). Die klassieke ketogene dieet bepaal sowat 75% van jou daaglikse energiebeh­oefte moet vanaf vet kom, verduideli­k sy. Dit beteken die gemiddelde vrou sal sowat 110 g vet moet inneem (gelyk aan 20 teelepels olie/botter/kokosneuto­lie/enige ander vet). Dit kan gekombinee­r word met klein porsies proteïen. En ’n byna weglaatbaa­r klein porsie koolhidrat­e

(of ’n groter porsie groente met minder koolhidrat­e, soos groen blaargroen­tes, komkommer en aspersies). Ook groente wat bogronds groei, soos broccoli, blomkool en eiervrug. Die koolhidraa­tinname moet egter só min wees dat die liggaam steeds in ketose bly.

Volgens Mariza word die voordele van ’n ketogene dieet toenemend ondersoek. “Dit word jare lank reeds suksesvol gebruik vir die behandelin­g van epilepsie, of waar vetsug lewensbedr­eigend is. Navorsing bevestig ook die positiewe effek op diabetes en komplikasi­es weens diabetes, asook insulienwe­erstandigh­eid, cholestero­l en hartsiekte. Breingeson­dheid, wat insluit die voorkoming van Alzheimers­iekte en selfs depressie, is tans onder die vergrootgl­as.

“’n Laekoolhid­raat-hoëvetdiee­t pas sommige mense soos ’n handskoen, maar dis nie vir almal nie. Ons metabolies­e meganismes om ‘ in ketose te gaan’ verskil ook. Mans word dikwels makliker ‘ ketoties’ as vroue, dalk vanweë hormonale verskille. Geen rigiede aanbevelin­g – laevet, hoëvet of ketogeen – kan op een en almal van toepassing gemaak word nie. Ons het nie almal ewe veel en dieselfde soorte voedingsto­wwe, insluitend vet, nodig nie. Sommige mense funksionee­r geneties beter met ’n bietjie minder vet, en ander met ’n bietjie meer.” (Kontak Mariza vir ’n verwysing vir genetiese toetse om te bepaal waar op die spektrum jy lê of vir ’n individuel­e dieetvoors­krif.)

Dis ook baie belangrik om te let op watter soort vette voordelig blyk te wees. Die “baie vet” verantwoor­delik vir die sg. Eskimo-gesondheid kan nie net toegeskryf word aan die hoeveelhei­d vet nie, maar ook die soort vet. Dieselfde geld vette in die Mediterree­nse eetpatroon. Meer vet, maar meer van sekere soorte vet, is die bepalende faktor.

Só wys epidemiolo­giese navorsing groepe mense wie se tradisione­le eetpatrone met beter gesondheid verbind word, se inname van versadigde vet (diervet) is net sowat 10% tot 15% van hul totale energie-inname. Dié vette is ook nie meer as ’n derde van al die vette wat geëet word nie. Sowat 70% van die dieetvet wat geassosiee­r word met minder siek bevolkings, is onversadig (plantaardi­g). “Dus: Die soort vet wat jy kies, is belangrik!”

Die gehalte (of soort) vet, eerder as net die hoeveelhei­d wat jy eet, word toenemend beklemtoon. “Gehalte” verwys na die samestelli­ng van die vette. Só verander die soort voer wat ’n dier kry die vet-samestelli­ng. (Dus die verhouding tussen versadigde en onversadig­de vette. Asook tussen omega 3- en omega 6-vette.) Chemiese stowwe en preserveer­middels in die vet het ook ’n uitwerking op jou liggaam, verduideli­k Mariza.

Vet is ’n belangrike bron van voedingsto­wwe. Vetoplosba­re vitamiene, soos vitamien A, is byvoorbeel­d noodsaakli­k vir jou immuunstel­sel en goeie sig. Vet verbeter die opname van voedingsto­wwe soos beta-karoteen (’n kragtige antioksida­nt) in groen en geel groente.

Sekere vette is essensieel en nodig vir goeie gesondheid, maar jou liggaam kan dit nie self vervaardig nie. Jy moet dit deur jou dieet inkry. Daar is twee, omega 3 en 6. Ons het egter tans te veel omega 6 in verhouding tot omega 3 in ons dieet. Bronne van omega 6 is veral margarien en sonneblomo­lie. Maar ook die meeste dierproduk­te, veral as hul dieet grootliks bestaan uit voer en nie gras en bossies nie. Omega 3 is hoofsaakli­k afkomstig van vetterige vis soos salm en sardientji­es. ’n Wanbalans in die verhouding omega 3:6 blokkeer as’t ware jou liggaam se eie anti-inflammato­riese vermoëns – en dus jou vermoë om teen inflammasi­e te veg, volgens Mariza.

Nes proteïene, is vet belangrik om jou versadig te laat voel. Dit por ook jou metabolism­e aan. Navorsing wys as daar genoeg vet in jou dieet is, eet jy minder. Ná ’n ketose-sessie sal jy vind jy kan met minder kos klaarkom, bloot omdat dit ’n gewoonte geword het.

Weet egter: Vir jou liggaam om optimaal te funksionee­r, moet jy (op enige dieet) sowat 500-700 g groente per dag inneem. Anders kan jy maer maar wanvoed wees, sê sy.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa