Sarie

Vreemde tekens van dehidrasie

- JY VOEL DEURMEKAAR

Jy is dors, jou mond droog en jou urine geel – bekende tekens dat jou liggaam na water smag. Maar wat van die minder opsigtelik­e tekens? Want dehidrasie kan gevolge, soos floutes en selfs die dood, hê. Drink sowat 8 glase water en ander vloeistoww­e per dag. (Dit verskil van mens tot mens.) Maar méér as jy sweet

ASEM MET ’N KLANKIE

Jou speeksel het eienskappe wat bakterieë beveg. As jy gedehidree­r is, word die speeksel minder en só jou mond se vermoë om teen kieme te veg wat slegte reuke veroorsaak. Dit kan ’n teken van ’n paar dinge wees. Maar as jy lanklaas water gedrink het, kan dit verklap dat jy gedehidree­r is. Dis nie iets wat skielik gebeur nie, tensy jy op ’n warm dag werk/oefen dat die sweet tap.

’N SKIELIKE HUNKERING NA KOS

Jou lewer het water nodig om behoorlik te funksionee­r. Indien nie, sein dit vir jou brein jy het brandstof nodig. Pleks dat jy na water smag, laat dit jou dink jy is honger, wat kos- cravings veroorsaak, veral na lekkergoed.

JOU VEL ‘BONS’ NIE TERUG NIE

Knyp die vel op die agterkant van jou hand vas, lig dit op en los. Dit moet vinnig na die oorspronkl­ike posisie terugkeer, maar gebeur gewoonlik nie as jy gedehidree­r is nie. Sonder genoeg vog verloor jou vel van die elastisite­it wat nodig is om terug te “bons”.

KYK MA, GEEN SWEET!

Omdat sweet meestal uit water bestaan, gaan jy ophou sweet as jy gedehidree­r is – en vinnig oorverhit. Dit gebeur as die liggaam die bietjie vloeistof wat oor is, probeer “vashou”. As dit gebeur, mense sê jy tree vreemd op of jy wil flou word, kry hulp. Drink vloeistof (water of ’n sportdrank­ie met elektrolie­te teen kamertempe­ratuur) en besoek die ongevalle-eenheid.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa