Sarie

Spoegwolf

HOU PIEKNIEK

-

Die Afrikaanse musiekgroe­p Spoegwolf, in 2012 op Stellenbos­ch gestig om hul studentehu­ur te betaal, tree vandeesmaa­nd by die jaarlikse somer-piekniekko­nsert by Overhex Winery & Bistro naby Worcester op. Die vier musikante, (van links) broers Moskou en Danie du Toit, Albert van der Merwe en Chris von Wielligh, se vierde album, Koma, word in Februarie uitgereik. Vir meer oor die konsert op 26 Januarie, besoek Overhex Winery & Bistro op Facebook. Kaartjies: R250 p.p. by die kelder of stuur e-pos na functions@overhex.com. * Spoegwolf is ook 1 Februarie in Potchefstr­oom te sien.

Werk jy ook regdeur ete? Volgens ’n peiling deur Career Junction neem net 1 uit elke 3 SuidAfrika­ners hul volle etensuur. Die gemiddelde Suid-afrikaner werk twee en ’n half jaar oortyd in hul leeftyd – meer as R500 000 se gratis werkure, volgens hul somme. Studies wys egter jou fokus, kreatiwite­it en breinkrag kry ’n stewige hupstoot as jy jou etensuur neem – en dit maak jou meer produktief.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa