Sarie

DÍS WAT VROUE WIL HÊ!

-

Wat is die één skoonheids­produk wat vroue steeds koop, al is hul begroting hoe knap? Reg geraai . . . lipstiffie! Dis aldus die What Women Want*-peiling wat onlangs onder 1 000 SA vroue gedoen is. Hier’s wat hulle nog sê: Grootste gesondheid­skwessie: Eerstens gewig (alle ouderdomme), dán stres en kanker. Beste ding van vrouwees: Ma-wees, gevolg deur die plesier van mooi aantrek. Gunsteling-klere: Jeans (alle ouderdomme). Eenstukke ( jumpsuits), rompe en kort tops ( crop tops) word net deur jonger vroue genoem. Belangriks­te aspek van ’n gesonde verhouding: Kommunikas­ie. Wat vroue van hul man/maat soek: Meer tyd saam. * Bron: Myecho, ’n aanlyn peilingspl­atform

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa