Sarie

ODE AAN DÁÁI MARIE

-

Wat ’n heerlike verrassing is daar vir my in die Augustus 2018-uitgawe van SARIE – ’n ode aan my geliefkoos­de Marie-beskuitjie (“Haai, dis Marie – van toeka tot nou”).

Oor die jare heen het ek dié beskeie koekie altyd waardeer. Toe my kinders babas was, het ek hulle soms ’n in-melk-geweekte Marie gevoer as die wagtyd vir hulle te lank was tussen maaltye. Daar was en is altyd Maries in my huis. Hierdie veelsydige koekie het al ’n hol kolletjie gevul toe ek ná ’n prosedure nie dadelik kon eet nie. En saam met die middagtee is die lae-kalorie-redding van ’n Marie daar, sonder om die latere ete of jou dieet te verongeluk.

Dankie vir dié artikel oor ’n onmisbare toevoeging tot my daaglikse genot. Die geskiedeni­s is ook baie interessan­t. Leni de Villiers, Sasolburg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa