Sarie

BEWYS VAN ’N VOL LEWE

-

My voorkop lyk soos ’n kilt, Skotse ruit se moses, met horisontal­e en vertikale plooie! Om nie te praat van al die lagplooie om my oë nie. Ek bekyk myself in elke spieël en hoop maar net dit was die beligting wat die oorsaak was.

Op 67 word ek ’n navorser en bestudeer ek elke artikel oor velsorg en hoe om plooie te verwyder. Ek eksperimen­teer met elke velsorgmon­stertjie wat ek in die tydskrifte kry (ja, ook dié in SARIE).

Maar dit lyk of geen roompie wil help nie, en vir die mes en inspuiting­s is ek vrek bang. (Om te dink dat ek ’n oud-verpleegku­ndige is.)

Toe onthou ek skielik: Ek het geleef, liefgehad, getrou, kinders grootgemaa­k en getreur. En al hierdie plooitjies is die bewys van ’n vol lewe! Linda Bosch, Krugersdor­p

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa