Sarie

KERSFEES MET HERMAN: ONS SARIE-LESERS SÊ DANKIE

-

Aktrise Jill Levenberg My siel is gelukkig. Dankie, Michélle van Breda, my maag is nou nog seer gelag!

Ingrid Jones Die kos en wyn was heerlik! Dankie, Herman Lensing en die SARIE-SPAN!

Bitty Terblanche Dankie, Herman Lensing van SARIE Tydskrif! Dit was ’n kosfees!

Rani Sidego Baie dankie aan elkeen wat deel was van die Kersete. Ons was Sondag daar en het dit baie geniet! Baie dankie aan Michélle en die pragtige dames wat ons so vriendelik en gasvry verwelkom het. Baie dankie Herman en die studente vir die ongeloofli­ke kosreis. Dit was ’n wonderlike ervaring en ons het sulke wonderlike nuwe vriende gemaak by ons tafel. Ons het klaar afgespreek ons kry mekaar weer volgende jaar by SARIE se Kersfeeset­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa