Sarie

Stylvol sexy op 70 nes SARIE

Sy is immer jonk, en soos SARIE, skryf Sandra Prinsloo sewe dekades agter haar naam. Vir haar is ouderdom net ’n getal. Sy vertel hoe sy dit so moeiteloos en lekker laat lyk

- DEUR SUZETTE TRUTER

’nSitkom, ’n aktualitei­tsprogram vir televisie, drie nuwe Afrikaanse toneelstuk­ke, ’n Engelse verhoogstu­k, twee flieks en toneelfees in Nederland . . .

Min mense het die stamina om soveel in een jaar in te pak – en dit nog voor 2018 behoorlik op sy rug was. Aktrise Sandra Prinsloo doen dit, met styl.

Sandra lyk uitgerus en energiek waar sy haar waatlemoen­en-chili-gazpacho eet in The Skotnes-restaurant, deel van die Norval-stigting, ’n nuwe kunsmuseum in Tokai. (Háár voorstel – sy is altyd “game” om nuwe plekke te ontdek.)

Bygesê, sy kom pas van Normandië waar sy drie weke Dit voel soms vir Sandra hoe ouer sy word, hoe harder werk sy. Mense sê dikwels vir haar sy moet leer om nee te sê, maar dan sê sy vir hulle: “Julle weet nie vir hoeveel goed ek reeds nee sê nie!”

Sy pak nie sommer iets wat sy nie wíl nie. “Vanjaar was ’n besonder vol jaar, maar my werk is vir my só lekker, met soveel uiteenlope­nde uitdagings, dis wonderlik. Ek speel hard en ‘speel’

1 Werk é hnasrpde el hard’

saam met ’n vriendin by ’n ou kêrel in sy manjifieke 16de-eeuse manoir (herehuis) gekuier het. “Dit was heerlik, soos ’n energieins­puiting! Dis so mooi daar. Ek het dit nodig gehad ná die jaar,” vertel sy terwyl sy foto’s op haar foon wys “om jou ’n bietjie lus te maak”.

Dis moeilik om te glo dat Sandra 71 is. Sy kan dit party dae self nie glo nie. “In my kop voel ek in my dertigs. Ek is altyd verbaas as ek moet sê ek is in my sewentigs – wanneer het dit gebeur?”

Haar eerste reaksie toe sy hoor dat SARIE op 6 Julie 70 jaar oud word: “Toemaar, ek weet hoe dit voel!”

Hier’s Sandra se sewe insigte vir SARIE op 70 . . . hard,” skerts sy.

Simfonieko­nserte (sy is mal oor klassieke musiek), Pilates, stap en swem met haar twee labradors, Olga en Romeo, op Kalkbaai waar sy woon . . . dis haar ontlaai-tyd. Dis ook belangrik dat jy jou omring met mense wat jou laat lag, pêlle saam met wie jy goeie tye kan deurbring, sê sy.

“Ou kêrels maak wonderlike vriende! Met ons vakansie nou in Frankryk het ons soveel pret gehad, baie gelag, lekker wyn gedrink. Met ’n ander vriend [ook ’n ou kêrel] gaan ek weer elke jaar seil. In Desember is ek by Verlorenvl­ei aan die Weskus waar ek jare terug vir my ’n ekovriende­like huis uit strooibale gebou het. Dis ’n plek waar ek heeltemal chill, dis my meditasiet­yd met my honde. En so tussendeur kom pêlle inloer.”

 ??  ??
 ?? FOTO LEANA CLUNIES-ROSS ?? SARIE November 2015
FOTO LEANA CLUNIES-ROSS SARIE November 2015

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa