Sarie

GRYP DIE OOMBLIK!

- – Marguerite van Wyk

Elke dag is ’n geskenk, ’n nuwe moontlikhe­id, ’n nuwe begin.

En vanjaar wil sy Zulu leer, want sy reken dit moet ongeloofli­k wees om in ’n ander taal as Afrikaans (of Engels) toneel te speel.

Só vertel die aktrise Cindy Swanepoel, bekend vir haar rolle as dr. Annelize Roux in die sepie Binnelande­rs, Boeps in die kyknet-drama Getroud met rugby, asook die deerniswek­kende fluitende predikants­vrou in die kortfilm Fluit Fluit. Vir dié rol is sy verlede jaar as beste aktrise by die kyknet Silwersker­mfees aangewys.

“Ek sit ook met ’n kinderprod­uksie wat ek wil ontwikkel in my kop”, en in September speel sy in ’n rolprent waaroor sy nog nie veel mag verklap nie. Nog doelwitte, sê sy, is om fiks te word, gesond te eet en meer te reis.

En, o ja, sy hoop dr. Annelize vind tog daai ware liefde!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa