Sarie

‘Stilte in die natuur gee betekenis aan alles’

LIESEL VAN NIEKERK, HUISVROU EN MA

-

Die natuur is haar veilige hawe, waar sy in voeling met die Skepping kom en stilte kry . . . Liesel, eggenote van George (’n regsgeleer­de) en ma van drie, sê: “Ek is bevoorreg dat ek gesond is en elke Maandagogg­end saam met ’n stapgroep van vyftien vriendinne na die kruin van Tafelberg kan klim. Om bo-op die berg te staan maak my dankbaar. Die geraas van die stad is ver weg. Jy sien die motors doer onder rondjaag.” Woensdae ry sy en nege vriendinne met hul bergfietse op Tafelberg se paadjies of in die Tokaiwoud, soms selfs in die Jonkershoe­k-omgewing. “Ons gesels oor alles en nog wat. In die paar ure in die natuur vergeet ons van die lewe se sorge. Maar ek geniet dit die meeste om naweke wanneer ons fietsry op te vang met my man, wat ek min sien in die week.” Haar lys van sielsverry­kende aktiwiteit­e is lank: ’n stappie op die promenade in Seepunt, om in die sewe getypoele van die Kaapse skiereilan­d saam met haar kinders te swem, bordspelet­jies met haar ouers, om teen ’n seepaadjie op te loop, op ’n rots te sit en ’n toebroodji­e te eet – en te kyk hoe die honde mekaar rondjaag.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa