‘Ek praat met my bon­sai­boom­pies’

JONATHAN KAPLAN, VOOR­MA­LI­GE IN­TER­NA­SI­O­NA­LE RUGBYSKEIDSREGTER

Sarie - - Ons Lewe -

Van bul­hon­de tot bon­sai en nou ’n ba­ba, hy hóú daar­van om te ver­troe­tel. “Want ek is ’n ver­sor­ger,” sê Jonathan, wie se seun en sy hart se punt, Ka­leb, op 1 Ju­nie 2016 dank­sy ’n sur­ro­gaat in die Kaap ge­bo­re is.

In sy dae as in­ter­na­si­o­na­le rugbyskeidsregter was sy stres­vlak­ke hoog. “Dit was uit­da­gend en lek­ker, maar soms moes ek af­ska­kel.” Die af­ge­lo­pe vyf­tien jaar het hy veer­tig bon­sai­boom­pies aan­ge­skaf. “Dit help my fo­kus, want mi­kro-de­tail is be­lang­rik. Die blaar­tjies word fyn ge­knip; dis net jy en jou boom­pie. Soms raak ek so gees­drif­tig, ek praat met die bon­sai­boom,” lag hy.

Hy ge­niet dit ook om met sy d­rie hon­de, Lo­la, Dex­ter en Pa­tat, te speel. “As hul­le ge­luk­kig is, is ek ver­vuld.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.