Sarie

‘Fotografie en perdry sus my siel’

WILLEM BOTHA, SANGER, FOTOGRAAF, AKTEUR EN TV-PERSOONLIK­HEID

-

Vroegoggen­d, as die lug nog vars is en die son nog nie so fel brand nie, ry Willem perd op sy ouers se plaas naby Riversdal. “Dan voel ek soos ’n kind en sing kliphard tot die berg eggo.”

Ons ken hom as aanbieder van die kyknet-programme Top 20 en Kwêla, asook as sanger sedert hy in 2007 die naaswenner in die Afrikaanse Idols- reeks op kyknet was. Sy jongste CD, Soen & Vergeet, is in 2018 bekend gestel. Hy verdien ook geld met sy stokperdji­e, fotografie, en het reuse-plakboeke saamgestel van foto’s van besoeke aan Thailand en Italië.

“As jy ná ’n reis na jou foto’s kyk, onthou jy die geure, kleure, lekker kos. Fotografie het my ’n waardering vir detail gegee – die mooi hoeke en draaie op geboue, voue in materiaal, plooie op gesigte. Dit kalmeer én gee my lus vir die lewe.”

 ?? FOTO JAIMEE BOTHA ??
FOTO JAIMEE BOTHA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa