Sarie

‘Om met diere te werk voed my wese’

CRAIG TAYLOR, HAARKAPPER

-

Diere se liefde is onvoorwaar­delik en bring jou in voeling met die dinge wat regtig belangrik is: lojaliteit, vertroue en samesyn, reken Craig.

“Om met diere te werk versag die sleur van die lewe, help om die dolle gejaag, geraas en pyn van die wêreld te verdoof.”

Hy werk sedert April 2017 as vrywillige­r by die Domestic Animal Rescue Group (DARG) in Houtbaai. Twee keer per week, en op vakansieda­e, neem hy tussen 11:00 en 15:00 ander mense se honde op leiband vir ’n stappie van ’n halfuur – en kry sommer ook oefening.

Soms sit hy en ’n hond onder ’n boom en rus. “Dit is ongeloofli­k om te sien hoe opgewonde die diere kan raak oor ’n eekhoring wat rondhop, of patryse wat rondloop, tot ’n paar lui varke en koeie wat wei. Ek is dankbaar ek kan ’n verskil in hul lewens maak.”

Hy glo wanneer jy die aandag van jouself wegdraai, skuif die lewe in fokus en min dinge kan jou dan werklik ontstel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa