Sarie

‘Koorsang omring my met goddelike akkoorde’

DORETTE UYS, BELASTINGK­ENNER

-

Sy was uitgebrand en moes maniere vind om te ontsnap van haar druk daaglikse program, vertel Dorette.

So vind sy toe haar plek as alt in die Kaapse Simfonieko­or, waar sy omring is deur nuwe uitdagings en die “heiligheid” van goddelike akkoorde.

“Ek wou aan ’n ernstige koor behoort wat ’n verskeiden­heid van musiek in gewyde Latyn en werke van komponiste soos Mozart en Mahler tot Rodgers en Hammerstei­n sing. My regterbrei­n ontwaak. Ek konsentree­r ure lank om die regte note aan te leer en die pragtige harmonieë maak my deel van iets groters as wat ek is.”

Dít maak haar opnuut begeesterd oor die lewe. “Selfs al moet ek ver inry stad toe om te oefen en laataand terugry huis toe.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa