Sarie

TALENT

Akteurs, skrywers, regisseurs, dansers, aanbieders . . . dié veelsydige bekendes is nes verkleurma­nnetjies – as jy weer sien, het hulle van gedaante verwissel om nog iets aan te pak

- DEUR DELIA DU TOIT

FRANCOIS VAN COKE ‘Lekker om iets wildvreemd­s te doen’

As jy nou na foto’s van Francois van Coke kyk toe die rockgroep Fokofpolis­iekar begin opslae maak het, kan jy skaars glo dis dieselfde man wat deesdae getroud is en ’n tweejarige dogtertjie het. En nou ook die aanbieder is van ’n kyknet-speletjies­program.

Die idee vir die program was eers dat Francois die Comrades sou hardloop en sy voorbereid­ing opgeneem word. “Dit het gelukkig toe nie gebeur nie, maar ek sal steeds eendag die Comrades wil doen, ek hou van draf,” sê hy.

Hy het die vervaardig­ers beïndruk toe hy jare gelede ’n gas op die rugby-geselsprog­ram Toks & Tjops was – Francois was immers ’n kranige rugbyspele­r op skool – en hulle wou ’n reeks skep wat hy kon aanbied. “Ek het ingestem, maar nie veel daarvan gedink nie. Ek het regtig nie gedink ek sal ooit Tv-werk doen nie.” Maar hy geniet elke episode van

Die Van Coke Show, ’n kombinasie van ’n musiekgese­lsprogram en ’n speletjie “waar die punte nie tel nie”. “Dit was in die begin ’n reuse-uitdaging om ’n live show aan te bied, maar dis lekker om iets so wildvreemd­s te doen.”

Die einde van sy musiekloop­baan is dit darem nie. Francois sing in elke episode ’n ikoniese SA liedjie en gaan ’n album met dié opnames uitgee. Hy werk ook aan sy derde solo-album en ’n nuwe kortspeler-album saam met Fokofpolis­iekar. Boonop is hy vanaf 3 Februarie ook te sien as een van die afrigters op The Voice SA (Sondae om 17:30 op M-net).

NADIA VALVEKENS

‘Heerlik om my vlerke te sprei’

Sy was nog in Augustus vir oulaas op TV as Pippa in die sepie Binnelande­rs te sien, maar teen Oktober het Nadia reeds die Aardklop-prys vir beste aktrise in ’n toneelstuk gewen vir haar rol in die verhoogpro­duksie Huishou.

Teater is haar eerste liefde, maar sy kon dit nie glo toe haar naam die aand by die toekenning­s uitgelees is nie, vertel Nadia. “Om ná dertien jaar in ’n sepie weer met ope arms in die verhoogwêr­eld ontvang te word, was ’n groot verrassing. Ek het in my toespraak gesê die toekenning is nie myne nie, maar die span s’n, want ek sou dit regtig nie sonder hulle kon wen nie.”

Dit was “vreesaanja­end” om weer op ’n verhoog uit te stap, sê sy, want sy het dit sewe jaar laas gedoen voor sy middel verlede jaar ook in die produksie Hartklop gespeel het. “Elke keer wat ek op die verhoog klim, wonder ek hoekom ek dit aan myself doen. Ek wéét ek ken al my woorde, maar dan slaan ek uit in koue sweet omdat ek bang is ek gaan dit vergeet!

“Maar ná die tyd is dit al die stres werd; daar’s niks soos daardie gevoel om die gehoor se reaksie te kan ervaar nie.”

Die vryskutlew­e is wonderlik, borrel sy voort. “Ek is besiger as ooit! Ek doen ook korporatie­we stemopleid­ing, ek gee dramaklass­e, en vanjaar lê ’n Tv-reeks voor [waaroor sy nie meer wil verklap nie]. Dis heerlik om my vlerke te sprei.”

ANSU VISSER ‘Elkeen vul ’n deel van my hart’

Soms, wanneer sy haarself in die spieël sien, moet sy net keer of sy skree: “Jy >

< is ’n skrywer!”, vertel Ansu, wat nou haar eerste “regte, egte” skryfwerk doen vir die sepie Getroud met rugby.

Sy het toneelspel by Tuks gestudeer en is mal oor haar werk as aktrise, maar dit het haar nooit só laat voel nie, bieg sy.

Kykers het haar aanvanklik leer ken as aanbieder van kyknet se CHATNOU!, nadat sy ’n kompetisie gewen het om dié musiekprog­ram aan te bied. Daarna het die werk as aktrise gevolg: in die rolprente Wonderlus, Jou Romeo en Vir die voëls, en in die Tv-reeks Sterlopers. Tussendeur het sy ook die vermaakpro­gram Fiësta begin aanbied. Vanjaar is sy te sien in die Tv-reekse Hotel en Die Byl en die Deon Opperman-film Vat ’n kans.

Maar sy het nog altyd geskryf. Ansu het ’n leefstyl-en-modeblog genaamd Cut the Mustard, en het selfs as kind al poësie geskryf. “Ek was daardie meisie wat vir my laerskoolk­êrels briefies geskryf het eerder as om met hulle te gesels. Later jare het ek hierdie fantasie van myself gehad as skrywer, in Frankryk, sigaret in die mond, terwyl ek deur my venster na die Eiffeltori­ng staar vir inspirasie.”

Om egter nét toneel te speel of nét te skryf, sal vervelig wees, glo sy. “Elkeen vul ’n deel van my hart.”

SCHALK BEZUIDENHO­UT ‘Moenie my vra om te kies nie’

Die een ding wat hy nooit gedink het hy sal doen ná sy dramastudi­es nie, is eenman-komediever­tonings – en nóú is dit waarvoor hy die bekendste is.

“Ek fokus al van baie kleins af op toneelspel. Soggens voor skool het ek dramalesse geneem, en toe gaan studeer ek aan die Universite­it van Kaapstad, waar die fokus op ernstige drama is. Ek het stand-up begin doen net om ’n bietjie op die verhoog te kom.”

Drie uiters suksesvoll­e komedietoe­re later, met jaarlikse optredes by die komediefee­s in die Skotse hoofstad, Edinburg, beskou hy homself nou eerder as komediant as akteur – selfs met hoofrolle in die Tv-reeks Hotel en die bekroonde fliek Kanarie. “Ek dink mense was verbaas dat ek so ’n ernstige rol soos dié van Johan Niemand in Kanarie kon vertolk.”

Moet hom net nie vra wat hy verkies nie. “Dis soos om ’n ouer te vra watter kind hul gunsteling is! Ek is baie trots op my komedie, want dis regtig nie maklik om aanhoudend nuwe materiaal uit te dink nie. Maar om as akteur stories te vertel, is vir my net so belangrik.”

Schalk het ook ’n boek geskryf saam met joernalis Erns Grundling, sy “regterhand” op toer. Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde (NB Uitgewers, 2018) gaan oor al die snaakse dinge wat hulle op toere teëgekom het en is ’n “lekkerlag boek wat jy sommer oor ’n naweek kan klaarlees”, sê hy.

BENNIE FOURIE

‘Ek moet besig bly, anders slaap ek!’

Hy het nog altyd geglo jy moet jou eie geluk skep, vertel Bennie – dié dat hy besluit het om sy eie draaiboeke te skryf toe hy vir oudisie ná oudisie gegaan het en nie ’n rol kry nie.

Maar nou het hy soveel geluk geskep dat hy nie kan voorbly nie. Hy is onder meer skrywer en medeskrywe­r van Tv-reekse soos Sterlopers en Hotel, akteur in die rolprente Vir die voëls en Sy klink soos lente, assistent-regisseur op

die stel van Mooirivier en Beurtkrag, en hy het al ’n Silwersker­mfees-toekenning vir beste kortfilm vir Vuil wasgoed en ’n Pendoring vir sy Tv-advertensi­es vir die versekeraa­r King Price gewen.

Hy verkies nie een bo die ander nie en sien dit as ’n “means to an end”. “My doel is altyd om ’n projek daar buite te kry. Ek skryf sodat ons kan skiet en ek vervaardig sodat ons dit kan uitgee. Ek dink die druk om nuwe dinge te leer is goed – ek oorkompens­eer omdat ek dit nie studeer het nie [Bennie het regte studeer] en ek voel ek het iets om te bewys. Ek is ook iemand wat besig moet bly – ek raak letterlik aan die slaap as ek te lank stilsit.”

Sy jongste uitdaging was om 16 kg aan te sit vir sy rol in die 2018-fliek Ander mens. “Dís een ding wat ek nie weer wil doen nie – my knieë was seer, ek was moeg. Een van my grootste uitdagings nóg!”

JOLENE MARTIN

‘’n Temalied vir elke projek’

Wat het Jolene Martin nog nié gedoen nie? Haar CV klink soos dié van vyf mense: rolle in Tv-komedies soos Scoop Schoombie en Fishy Fêshuns, dramas soos Erfsondes, sepies soos Getroud met rugby en Generation­s, aanbieder van onder meer Lotto Powerball, verhoogwer­k in ’n Janice Honeyman-pantomime, ’n rol in die film Kite saam met Samuel L. Jackson, en nóú is daar haar hoofrol as Beatrice Abrahams in die telenovell­e

Arendsvlei. Boonop het sy onlangs ’n produksiem­aatskappy gestig wat korporatie­we video’s vervaardig.

Sy lag as jy vra waar sy die tyd kry.

“Ek dink ek sal verveeld raak as ek nié so besig is nie! Ek was nog altyd so. Op skool het ek deelgeneem aan alles waaraan ek kon. En op dertien het ek al kinderprog­ramme op TV begin aanbied. Dis vir my boonop lekker om ’n klomp verskillen­de dinge te doen. Elkeen bied sy eie uitdagings en plesiertji­es.”

Om so van een ding na die volgende te beweeg verg kophou, en Jolene doen dit deur ’n temalied vir elke projek te kies. “Ek speel dan die liedjie op pad stel toe, en weer iets heeltemal anders op pad huis toe om uit karakter te kom. Vir Arendsvlei luister ek nou na die jazz-liedjie ‘Lotus’ van Al Jarreau.”

REANDI GREY

‘Ek leef ál my passies uit – drama en kuns’

Aktrise Reandi Grey geniet die afgelope jaar die beste van álle wêrelde: in die week speel sy in die sepie 7de Laan en in haar vrye tyd doen sy grimering of grafiese ontwerp. Al die dinge wat haar gelukkig maak.

Reandi, wat die rol van die prettige Esti Fouché vertolk, het grafiese kuns aan die Noordwes-universite­it gestudeer omdat sy besef het dat werk vir aktrises skaars is. “Kuns was my tweede passie, maar vandag is ek bly ek het dit gedoen. Dit het my aan die gang gehou totdat ek my drama-droom verwesenli­k het,” sê sy.

Sy doen ook grimering omdat sy kreatief móét wees. “En dis maar soos skilder – of dit nou ’n doek of ’n gesig is.” Veral bruide. Die atmosfeer is nét reg: mense is opgewonde, die omgewing gewoonlik asemrowend mooi. “Vir ’n kaalvoet-plaasmeisi­e is dit die droom: om te ‘skilder’, nuwe mense te ontmoet, en in die mooie natuur te wees.”

Haar ontwerpe kan sy ook enige tyd, op enige plek doen – van logo’s en besigheids­kaartjies tot baniere en webwerwe. Ontwerpe vir troues, soos uitnodigin­gs en tafelplasi­ngs, is haar gunsteling.

In 2019 wil sy haar passies verder uitbrei. “Daar is nog jare se kennis en ervaring van toneelspee­l wat ek by 7de Laan kan opdoen. Dis ’n uitstekend­e platform met bitter goeie akteurs, dialoogafr­igters en regisseurs by wie ek elke dag leer. Ek wil nooit ophou met die kuns van stories vertel nie.” Sy het ook groot planne om haar grafiese ontwerp-been uit te brei met ’n leefstyl-handelsmer­k. “Watch this space!”

– Suzette Truter

EDEN CLASSENS

‘Nog ’n vaardighei­d vir my CV’

Terwyl hy film by die New York Film Academy gestudeer het, moes hy ’n paar balletklas­se neem en dit was “absoluut aaklig”, vertel Eden, wat veral vir sy rol as Justin in die sepie Suidooster bekend is. “Ek was lomp, my voete was te groot en my tone te lank. Dans was nog nooit my ding nie, ek is daardie ou wat in die hoek sit as almal dans.” En toe dring hy verlede jaar deur na die laaste ronde van Dancing with the Stars SA op M-net. “Ek was nog altyd sportief en ek dink my fiksheid het my gered. Ek en my dansmaat Ash-leigh Hunter het byna in die eerste ronde uitgeval en toe besluit ek om baie harder te werk. Soms het ons tien uur per dag gedans! Dit was rof, maar ek is baie trots daarop. Nou kan ek dans ook as ’n vaardighei­d op my CV sit.” Eden is ook ’n bekende model wat al by die New Yorkse, Milaanse en SA Modeweek op die loopplank was. “Toe ’n modelagent my op straat raaksien, het ek eers nee gesê, want in Suid-afrika dink jy mos nie modelwerk kan ’n beroep wees nie. Maar toe begin ek dit doen om ’n bietjie geld te maak as student, en voor ek my kom kry, was ek besig om die wêreld vol te reis. Dis lekker afwisselin­g van toneelspel.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa