Sarie

HY DIE NARSIS, PERFEKTE JY DIE REDDER DANSMAATS, DAN DIE DRAMA

Die narsis plaas homself eerste. En sy ko-afhanklike maat plaas hom óók eerste. Dan begin die drama . . . Níks wat sy doen, is goed genoeg nie. En sy probeer harder

- FOTO TER ILLUSTRASI­E DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Diepynlike dans tussen die narsis en ko-afhanklike word deur dié tragedie in die Griekse mitologie geïllustre­er. Die ko-afhanklike, wat sy/haar eie behoeftes opsy stoot vir ander s’n. Die narsis, weer, met ’n selfliefde só groot, dis dikwels sy/ haar ondergang. Elkeen wat vir ’n narsis val, is nou nie soos Eggo nie. Die narsis is immers bekend vir sy ongeloofli­ke sjarme, leuens >

< en beloftes en draai jou maklik om sy pinkie, sê Jorgan Harris, kliniese sielkundig­e met praktyke in Johannesbu­rg en Kaapstad. Maar dié wat ooreenkoms­te met Eggo toon, is die stereotipi­ese ko-afhanklike wat haar haas om net mooi al haar geliefde se behoeftes te bevredig – ten koste van haar eie. Beland sy in ’n verhouding met ’n narsis, begin die drama. Want die narsis plaas homself eerste. En sy ko-afhanklike maat plaas hom óók eerste. Albei glo hy is wonderlik en dat sy maat dus al die opoffering­s moet maak.

Net eers: Ons moet versigtig wees om almal wat vol van hulself of egoïsties is, met narsisties­e persoonlik­heidsteuri­ng te diagnoseer, volgens Tjaart van der Walt, kliniese sielkundig­e met praktyke op George en Mosselbaai in die Suid-kaap. Ons praat hier van iemand wat narsisties­e trekke het, maar nie noodwendig aan ’n persoonlik­heidsteuri­ng ly nie. “In my praktyk sien ek dikwels mense wat ko-afhanklik is, spesifiek dié wat (1) die rol van helper/redder en (2) die rol van die slagoffer speel. Een van die algemeenst­e tipe verhouding­s waarin hulle betrokke raak, is met mense wat meer narsisties van geaardheid is. In die begin kan albei partye se behoeftes bevredig word.”

Hulle verhouding werk dus . . . aanvanklik. Die een is op die “verhoog”, die ander klap aaneen hande. Die een wil nodig voel, die ander belangrik. Ons ken almal die gesegde: Verhouding­s gaan oor gee en neem. Nou ja, sê Jorgan, “die ko-afhanklike gee, die narsis neem”. ’n Ko-afhanklike (selfopoffe­rend en dienend) weet nie hoe om romantiese verhouding­s te vermy met narsiste (selfsugtig en selfgesent­reerd) nie. Sy bevind haarself dus gereeld op die “dansvloer” met ’n maat wat ’n perfekte teenpool is vir haar passiewe, onderdanig­e en instemmend­e dansstyl, borduur die webblad psychcentr­al.com verder. Die narsis soek weer iemand wat hom die dans laat lei en hom gewaardeer­d, sterk en bekwaam laat voel.

Die ko-afhanklike het eintlik óók onbewustel­ik ’n narsisties­e streep, sê Tjaart: “Sy glo sy kan die narsis verander en help om ’n beter mens te wees, en niemand anders kan dit so goed soos sy doen nie. Daar is ook ’n aspek van afhanklikh­eid wat haar swak en weerloos laat voel en sy smag na ’n sterk vennoot wat verantwoor­delikheid kan aanvaar en haar kan beskerm en gevaar afweer. Ontkenning is daar ook, want vriende of familie se waarskuwin­gs word geïgnoreer. Sy bly vas glo sy kan met aandag, liefde en goeie dade die verhouding laat werk.”

Is dit meestal vroue wat dié rol vertolk omdat ons as die versorger gesosialis­eer word? “Hoewel ek meer dikwels vroue in my praktyk sien wat die afhanklike rol inneem, glo ek meer mans as wat ons dalk dink, word in dié soort verhouding­s vasgevang. Die meeste verhouding­s waar die man verbaal afgekraak word, bevat ko-afhanklike/narsisties­e aspekte,” volgens Tjaart.

Mense wat in hul kleintyd konflik tussen hul ouers moes aanskou, is meer geneig om ko-afhanklike volwassene­s te word, volgens ’n studie in The American Journal of Family Therapy. Tjaart reken die ko-afhanklike én narsis het ongunstige ervarings in hul kinderjare gehad, maar op verskillen­de maniere daarby aangepas. “Dis my mening dat albei afgeskeep of verwerp is, hoewel dit soms baie subtiel was. Voorbeelde daarvan is: as jy die swartskaap was; lang tye alleen gelaat is; fisiek of emosioneel mishandel is of geen struktuur gehad het nie. Na gelang van watter soort gedrag meestal ‘ beloon’ is. (Dit kan positiewe of negatiewe ‘ beloning’ wees, want dit gaan oor aandag; negatiewe beloning kan dus raas of slae wees.) Hiervolgen­s word een van drie moontlike patrone vasgelê: (1) aggressiew­e/misbruiker-/ woede-tipe, (2) depressiew­e/hartseer/slagoffer-tipe, (3) helper-/redder-/ontkenning-tipe. In Engels die bully, crybaby of pleaser. As jy in ’n huis grootword waar een of albei ouers verslawing­sprobleme het, soos alkoholism­e, sal jy in ’n mindere of meerdere mate in een van dié patrone pas.”

Nietemin, die dans tussen die narsis en ko-afhanklike knetter aanvanklik van opwinding. Dis perfek gekoördine­erd, nie een trap op die ander se tone nie. Maar dan ontaard die opwindende romanse in drama, konflik en gevoelens van afgeskeep en vasgevang voel. Tog verlaat nie een die dansvloer nie, ten spyte van die onstuimige en met konflik belaaide aard van die verhouding. (Dit gesê, die narsis is ’n reeksverne­uker en beland saam met almal in die bed wat hom bewonder, sê Jorgan.)

Die ko-afhanklike gee, die narsis neem Jorgan Harris, kliniese sielkundig­e Meer mans as wat ons dalk dink, word in dié soort verhouding­s vasgevang Tjaart van der Walt, kliniese sielkundig­e

Hoewel albei se behoeftes dus aanvanklik bevredig word, begin die ko-afhanklike ál meer opgekropte frustrasie en selfs woede ervaar omdat haar goeie bedoelinge nooit na waarde geskat word nie. In die narsis se oë is niks boonop ooit goed genoeg nie, maak nie saak hoe hard sy maat probeer nie. Sy voel seergemaak . . . en probeer nóg harder, nes Eggo, volgens Jorgan.

Hy onderskei die volgende fases: 1. Die romantiese fase. Jy word met romantiese dade en

woorde ingekatrol. 2. Dan bou spanning op en kommunikas­ie is daarmee heen. 3. Misbruik en mishandeli­ng vind plaas. 4. Versoening volg en die narsis vra verskoning, belowe hy sal

verander, blameer sy maat en sê dit was nie so erg nie. 5. Kalmte heers, romanse bloei, die voorval vergete. 6. Die siklus begin van voor af.

Die oomblik wat jy die ekwilibriu­m versteur en probeer uitbreek, probeer die narsis jou weer inkatrol, sê Tjaart. Hy kan huil, pleit, smeek, selfs op sy knieë gaan. “Die narsis het self ’n sterk, onderligge­nde afhanklikh­eid. Hy sal alles doen om die verhouding in stand te hou en beloftes maak dat dinge voortaan anders gaan wees. Dit speel natuurlik perfek in die ko-afhanklike se geaardheid om te wil help en dinge beter te maak. Sy val terug in die ou patroon, terwyl sy dieper ingesuig word as tevore. Dit versterk die ko-afhanklikh­eid nog verder.”

In sy pogings om haar nie te verloor nie, isoleer die narsis haar mettertyd. Van vriende, familie, geld, hulpbronne. Haar selfbeeld gaan ten gronde en sy het nie die selfvertro­ue om weg te breek nie, volgens Jorgan.

Inderdaad, sê Tjaart. “Geleenthed­e vir samesyn met ouers, vriende, kollegas, broers en susters word dikwels op ’n subtiele manier gesaboteer. Hulle voel later onwelkom en dikwels moet die ko-afhanklike uiteindeli­k ’n keuse maak tussen die narsis en mense wat haar ondersteun. Hoe meer geïsoleerd sy raak, hoe kleiner word die kans om weg te breek. Om uit te praat word as verraad beskou en haar skuldgevoe­lens ’n magtige tronk. Die isolasie beteken niemand kan as klankbord optree nie. Realiteit en logika kry dus nie kans om manipulasi­e te onttroon nie.”

Kry sy dit wel reg om weg te breek, kan sy dalk oorhaastig (as gevolg van haar afhanklikh­eid) in ’n soortgelyk­e verhouding beland, sê hy. ’n Opsie is om los te breek en minstens twee jaar lank nie ’n verhouding aan te knoop nie. En in jou persoonlik­e groei te belê, sterker te word, sodat jy nie weer dieselfde fout maak nie. Maar uiteindeli­k in ’n verhouding betrokke raak wat meer gebalansee­rd en gesond is.

Nog ’n opsie: Omdat hy jou nie wil verloor nie, kan die narsis dalk instem tot terapie. Dit moet egter nie by dieselfde terapeut as joune wees nie. (Of hy daarby gaan baat vind, sal afhang of hy net narsisties­e trekke het. En of dit ’n volskaalse narsisties­e persoonlik­heidsteuri­ng is. In dié geval is daar nie salf aan hom te smeer nie. Hy dink dan in elk geval hy is volmaak en sal nie vir terapie gaan nie, volgens Jorgan.) As daar ’n groot verbeterin­g is, kan julle selfs later saam terapie by ’n derde terapeut kry, met baie ervaring in huweliks- en gesinstera­pie.

Tjaart sê: “’n Ko-afhanklike verhouding is baie soos die R&B- en pop-lirieke wat basies daarop neerkom: ‘sonder jou kan ek nie lewe nie’; ‘ jy is my alles’; ‘sonder jou is ek niks’ of ‘ jy is my ander helfte’. Dis eintlik ’n psigologie­s siek manier van kyk na die liefde en verhouding­s. Dit behoort te wees: ‘Sonder jou gaan dit vir my swaar wees om die verlies te verwerk, maar ek gaan steeds lewe’.”

Dus: Liewer volledig mens in ’n verhouding met ’n ander volledige mens, as ’n halwe een wat ’n ander helfte nodig het om “heel” te probeer wees.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa